FOTO:Twitter @BritishMonarchy

Hieroor praat mense

Koningin Elizabeth se eerste twiet

Die 88-jarige koningin Elizabeth het vandag vir die eerste keer getwiet, berig The Gaurdian.

Koningin Elizabeth het die Twitter-wêreld aan die gons nadat sy vandag haar eerste twiet gestuur het. Tot op hede is dit reeds meer as 14 000 keer ge-retwiet!

Die koningin het dié twiet by die museum van inligtingstegnologie en wetenskap  in London gestuur. Hier is sy besig om haar twiet te tik en te stuur!

 FOTO:Twitter @BritishMonarchy

Die koningin is slegs die tweede koninklike om self van die amptelike Twitter-profiel (BritishMonarchy) ’n boodskap te stuur. Haar kleinseun Prins Harry was eerste toe hy vroeër die jaar tydens die Invictus Games getwiet het.

Volgens Ian Blatchford, die museum se direkteur, het koningin Elizabeth in 1957 aan die eerste regstreekse TV-uitsending in Brittanje deelgeneem en was op 26 Maart 1976 ook die eerste koniklike om ’n e-pos te stuur. Hy het haar toe genooi om haar heel eerste boodskap te twiet.

Koningin Elizabeth het na die verhoog beweeg waar sy haar twiet voor 600 gaste getik en gestuur het. (Natuurlik nadat sy haar wit handskoen eers verwyder het.) Maar dit is nie heeltemal die eerste keer wat dié koninglike deelgeneem het aan sosiale media nie. In Julie 2014 het ons hierdie foto van haar gedeel toe sy twee tieners se foto ge-photobomb het.

Bron:  The Gaurdian