victoria secret
Hieroor praat mense

Kontroversiële onderklere-veldtog – wat dink jy hiervan?

*Bygewerk:

Victoria’s Secret het toe wel hul advertensie verander. Dit lees nou: A Body for Every Body.

Victoria's Secret new ad*Oorspronklike artikel:

Die Victoria’s Secret-veldtog vir hul nuwe onderklere-reeks, Body, het baie vroue warm onder die kraag gelaat. Wat dink jy daarvan?

In dié veldtog verskyn gewilde modelle, onder andere Namibië se Behati Prinsloo en die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel, met die woorde: The perfect “body”. Body is in aanhalingstekens omdat dit na die onderklere verwys, maar vir verskeie vroue impliseer dit dat net een liggaamstipe as perfek gesien word.

victoria's secretDrie Britse vroulike studente het ’n aanlyn-petisie begin om Victoria’s Secret te dwing om dié veldtog te verander. Dié petisie het vanoggend al 12 500 handtekeninge gehad. Hulle skryf:

Ons wil hê Victoria’s Secret moet die bewoording van hul veldtog vir hul bra-reeks Body verander na iets wat nie ongesonde en onrealistiese standaarde van skoonheid bemark nie.”

Op sosiale media gesels mense oor dié veldtog met die hashtag #iamperfect. Hier is van die twiets:

 

Victoria’s Secret het nog geen kommentaar op die reaksie op hul advertensieveldtog gelewer nie.

Wat dink jy van Victoria’s Secret se nuwe veldtog?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bron: Daily Mail, Huffington Post