Instagram-05
Hieroor praat mense

Inspirerende pleidooi van siek tiener: “Get me to 21″

Get me to 21 is die naam van ’n inspirerende veldtog wat Suid-Afrika aan die praat het. Agter dié pleidooi van ’n siek tiener, Jenna Lowe, skuil ’n projek om mense te inspireer om orgaanskenkers te word. 

“Jy is genooi na my 21ste verjaardagpartytjie”, sê die 19-jarige Jenna in haar video op Youtube. Dié uitnodiging is nie net sosiaal van aard nie, dit dien ’n veel groter doel – want as sy nie ’n longoorplanting kry nie, sal Jenna dalk nie haar 21ste verjaarsdag sien nie. Sy ly aan pulmonêre hipertensie, wat beteken daar is abnormale druk in die long-slagare.

Jenna nooi die publiek na haar partytjie en al wat jy moet doen, is om jouself  as ’n orgaanskenker te registreer. Nie net kan dit Jenna se lewe red nie, maar ook 4 000 ander jong mense in Suid-Afrika wat op ’n oorplanting wag, vertel Jenna se ma, Gabbi,aan SARIE.com. “Dit neem nie langer as 2 minute nie. 2 minute en jy kan 7 lewens red.”

Jen-on-oxygen-machine-edit

Nadat jy geregistreer het, kan jy Jenna help om haar partytjie te reël – alles van die musiek tot die dekor.

Jy kan ook jou ondersteuning op ander maniere wys: Jenna se suster, Kristi Lowe, het ’n liedjie opgeneem wat jy op iTunes kan aflaai. En jy kan spesiale juweliersware op die Jenna Lowe Trust-webwerf koop.

Om jouself as orgaanskenker te registreer, klik HIER.

Om meer oor Jenna se siekte uit te vind, klik HIER.