werk cv

FOTO Unsplash / Caleb George

Hieroor praat mense

Kwaad as iemand hard kou, sluk of snuif? Dís hoekom

Het jy al gevoel jy wil iemand klap wat hoorbaar sit en springmielies kou, koeldrank sluk, hard asemhaal of snuif? Navorsing wys nou dis vanweë ’n toestand met die naam misophonia wat sy oorsprong het in die brein.

Vroeër vanjaar het Refinery29 berig nuwe navorsing wys dis nie jou skuld as jy kwaad of angstig raak wanneer iemand naby jou kou of sluk nie, dis net hoe jou brein reageer.

Hulle noem hierdie groep mense “misophonics“, oftewel klankhaters, wat dit letterlik beteken. Hoewel dit taamlik algemeen is dat mense reageer op onaangename geluide soos die knip van naels of ’n pen wat teen ’n lessenaar gekap word, ervaar klankhaters ’n intense gevoel van woede of angstigheid oor klanke soos asemhaling, kou- en slukgeluide. Die nuwe studie, wat in die vaktydskrif Current Biology gepubliseer is, dui daarop dat hierdie toestand sy oorsprong in die brein het.

eet kou

FOTO Unsplash (Toa Heftiba)

Die wetenskaplikes het MRI-skanderings gebruik om twee groepe mense se breinaktiwiteit te vergelyk: Die een groep was mense wat aan klankhaat ly en die ander groep normaal. Neutrale geluide soos reën en onaangename klanke soos ’n baba wat huil is afgewissel met die sogenaamde snellerklanke (d.i. eet-, kou-, sluk- en asemhalingsgeluide).

Toe die snellerklanke vir die lyers gespeel is, is aktiwiteit bespeur in die voorste korteks van die brein – die plek waar emosies geprosesseer word.

Die hoofnavorser, dr. Sukhbinder Kumar, het aan The New York Times gesê dat klankhaters reeds op 12-jarige ouderdom bewus word van hul intense reaksie. “Wanneer hulle hierdie geluide hoor, is dit asof al hulle aandag daarop gevestig word. Hulle kan dan niks anders doen nie,” sê hy.

Die intense gevoelens kan moontlik verbind word met ’n slegte ervaring in hul verlede.

FOTO Louis Kang

  • Gideon Keyser

    ‘n Oplossing vir die probleem sal waardeer word

  • Lize-Ri W

    Okay maar is daar ook n “toestand” vir mense wat spookasem kou of dit n pak simba chips is? Of mense wat sop slurp soos n Creepy Crawley wat lug sluk? En mense wat sappige groen appels kou soos perde??? Huh?