hotel reeks
Hieroor praat mense

Ons redaksie se gunstelinge onder nuwe TV-programme is …

Daar is so báie nuwe programme op televisie dat die keuse oorweldigend kan wees! Wel, ons is hier om te help. SARIE se redaksie maak oop oor hul gunstelinge onder die nuwe TV-programme.

Vat gerus ons woord en opinie hiervoor …

tv

Schalk Bezuidenhout, Mila Guy, Simoné Nortmann FOTO Instagram (@simonenortmnn)

Hotel

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, sê:

“Hoewel die reeks 3 episodes jonk is, is ek reeds verslaaf daaraan en is dit my weeklikse dosis vermaak om te cope met die werkweek se stres!”

Emtia Morrison, SARIE se handelsmerkbestuurder, sê:

“Vir my, die GROOT Binnelanders-fan, is Hotel op die oomblik die TV-hoogtepunt. Buurtwag was lieflik, maar Hotel vat fyn humor na ’n nuwe vars, opreg snaakse vlak. ’n Eerste in Afrikaans.”

Tyd: Maandae om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Akteurs: James Borthwick, Schalk Bezuidenhout, Simoné Nortmann, Beer Adriaanse, Martelize Kolver, Graham Weir, Sandi Schultz, Mila Guy

 

televisie

Hardus Van Deventer en Jack Parow

Dis hoe ons rol

Gaynor Siljeur, ons digitale intern, sê:

“Wat ’n fantastiese manier om ons natuurskone land te ervaar. Jy leer so baie oor dorpe en stede waar jy nog nooit was nie. Ná ’n episode van Dis hoe ons rol is ek so geïnspireer en sommer lus om deur die land te reis.”

Aanbieders: Zander Tyler en Hardus van Deventer

Tyd: Vrydae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

schalk bezuidenhout lees nou

Die Kliek

Anita Grindlay-Whieldon, SARIE se kantoorbestuurder, sê

“Ek kyk Die Kliek, want dit is baie fun! Ek lag regtig vir van die meisies wat deelneem en Schalk is baie snaaks.”

Aanbieder: Schalk Bezuidenhout

Tyd: Saterdae om 17:00 op VIA (DStv kanaal 147)

Varsity Sing

Liesel Pienaar, ons Johannesburgse kantoorbestuurder:

“Báie nice, die verskeidenheid in stemme is ongelooflik. En die beoordelaars is fantasties.”

Marguerite van Wyk, ’n senior joernalis, oor Varsity Sing:

Great om deur topkore vermaak te word wat ’n verskeidenheid van SA musiek sing. En die lekkerte is jy leer ook meer van die sangers en dirigente agter die skerms ken. Laat mens trots SA voel. Soveel jong talent gee hoop!”

Aanbieder: Arno Carstens

Beoordelaars: Marvin Kernelle, Loyiso Bala en Christo Burger

Tyd: Donderdae om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

 

Dirk Smit en Alti Fouche

Dirk Smit en Alti Fouche

Vrydag 4 uur

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, sê oor Vrydag 4 uur:

“Die jong en energieke paartjie Dirk en Alti is altyd op soek na nuwe avonture – die program is gefokus op impulsiewe naweek-wegbreke oor die hele Suid-Afrika en sy buurlande. Die aanbieders maak dit ’n lekkerkyk program – hul agtergrond in die TV-bedryf laat kykers voel asof hulle deel is van die twee se reise”

Aanbieders: Dirk Smit en Alti Fouche

Tyd: Vrydae om 17:00 op VIA (DStv kanaal 147)

 

Die sangeres Nádine FOTO Leana Clunies-Ross

Die sangeres Nádine
FOTO Leana Clunies-Ross

Musiek Roulette

Anita Grindlay-Whieldon, SARIE se kantoorbestuurder, sê oor Musiek Roulette:

“Ek kyk elke week om te sien wie die nuwe drie kunstenaars is. Dis veral die opkomende sangers wat interessant is en mens opgewonde maak!”

Aanbieder: Nádine

Tyd: Vrydae om 20:00 op SABC 2 (DStv kanaal 192)

 

herman1

Inspirasiekos met SARIE

Marguerite van Wyk, een van ons senior joernaliste:

“Herman praat oor kos soos ’n mens oor jou geliefde praat – dis betowerend. Selfs ’n kook-ignoramus soos ek hang aan sy lippe en WIL begin kook. Hy’s toeganklik en ’n TV-natural.”

Liesel Pienaar, ons kantoorbestuurder in Johannesburg, kyk Inspirasiekos met SARIE:

“Daar is beslis net een Herman en hy doen ’n ongelooflike werk, en elke week is ek mal oor die omgewing waar hy hom bevind.”

Aanbieder: Herman Lensing

Tyd: Maandae om 17:30 op VIA (DStv kanaal 147)

Lees nou

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent