FOTO Make It Kenya / Stuart Price

FOTO Make It Kenya / Stuart Price

Hieroor praat mense

Kyk die wildebeeste se migrasie regstreeks!

Jy hoef nie in Kenia se Masai Mara Nasionale Reservaat te wees om hierdie fenomeen te beleef nie. Jy kan dié jaarlikse verskynsel regstreeks kyk (en selfs die aande se slagtings beleef) – terwyl jy op jou bank lê, in jou kantoor sit of terwyl jy sommer beplan om dit volgende jaar in lewende lywe te beleef!

Elke jaar migreer honderdduisende wildebeeste, sebras en ander hoefdiere tussen Tanzanië se Serengeti en Kenia se Masai Mara Nasionale Reservaat. Dit is ’n jaar lange, voortdurende siklus waarin die diere duisende kilometers reis.

Hierdie aaneenlopende migrasie tussen Tanzanië en Kenia word ook as een van Afrika se sewe natuurlike wonders beskou en is natuurlik ’n groot toeriste-aantreklikheid wat natuurliefhebbers, fotograwe en meer elke jaar probeer aanskou.

FOTO Make It Kenya / Stuart Price

FOTO Make It Kenya / Stuart Price

Danksy WildEarth en Herdtracker kan jy van 20 tot 25 September elke dag tussen 16:00 en 23:30 op Facebook en Youtube hierdie migrasie dophou. Dit word moontlik gemaak deur albei dié platforms se regstreekse video-opsie: Facebook Live en Youtube Live Stream. Met ander woorde, dít wat op die oop Afrika-pleine gebeur, beleef jy dadelik saam!

Graham Wallington, hoof- uitvoerende beampte van WildEarth, het oor die trek van hierdie herbivore gesê:

“Natuurlik is dit ook ’n fees vir roofdiere wat regtig hul kloue skerpmaak sodra die son sak. Ná die son gesak het, gaan ons vir die eerste keer infrarooi beligting en hitte-sensitiewe beelde gebruik tydens ons regstreekse safari’s. So moenie ’n sekond van hierdie aksie mis nie!”

FOTO Make It Kenya / Stuart Price

FOTO Make It Kenya / Stuart Price

HerdTracker is deur Andre van Kets geskep om internasionale besoekers te help om hul Kenia-vakansies te beplan, sodat hulle hierdie spektakel kan sien. Dit hou die leser op hoogte van die bewegings van die diere en jy kan die migrasie beleef, maak nie saak waar jy in die wêreld is nie!

Hoewel ’n vuurtjie nie in die verte gaan knetter en ek die reuk van natuur en wildebeeste om my gaan hê nie, is ek beslis gereed om elke aand op safari te gaan vanuit die warmte van my bed!

Lees nou

Hulle vlieg sonder petrol & SA’ner ’n Avonturier van die Jaar 2016!

Die Mansers uiteindelik in Hawaii

Afbeen-avonturier Lewis Pugh Rusland toe

Ons gunsteling Instagrams vir Aardedag!