baba

FOTO Skermgreep (Facebook / Taveon Glenn)

Hieroor praat mense

Kyk hoe lekker kry hierdie pasgebore baba!

Of jy hou van baba-video’s of nie, ek is baie seker almal geniet ’n sagte, ontspannende haarwas en kopmassering deur iemand anders. En as jy ook nie in dié kategorie pas nie, is ek doodseker dat ’n pasgebore baba wie se hare gewas word, vanoggend jou hart sal verwarm. Ontspan saam met die res van die internet wat reeds hierdie viral video gekyk het.

Nuwe pa Taveon Glenn het hierdie video op 20 November op Facebook geplaas. Min wetend dat die hele wêreld daarna gaan kyk – wat nog van oor en oor wil kyk! Hierdie video wat Taveon van sy eerste kind met vriende en familie gedeel het, is nou al meer as 27 mijloen keer gekyk! Artikels die wêreld oor moedig kykers aan om hierdie video te kyk omdat dit so ontspanned en stresverligtend is.

Nog net ’n paar dae oud en Amira Yvonne Glenn is wêreldbekend. Haar pa het aan Dayton.com gesê hy dink dis omdat die wêreld ’n behoefte aan positiewe nuus het. Die nuwe mamma, Sierra, het ook gesê die video van klein Amira is soos ’n glasie geluk wat vinnig ingeneem kan word.

Kyk die video hier

Voel jy ook nou rustiger? Dis asof die verpleegster se stem met jou praat en die water ook help om te kalmeer. Tot en met die einde van die jaar kyk ek hierdie video nou elke dag. Netso, klaar gepraat. Einde van die storie.

En as dit nie genoeg is nie …

Kyk hierdie baie oulike animasie-kortfilm, The Present

The Present from Jacob Frey on Vimeo.

En kyk net hoe lekker lyk dit om hierdie worshondjie te wees!

Lees nou

Die gewildste verloofring lyk só

Instagram se koffie-kampioen kom uit Joburg!

Oud-Pukke sê “ja” vir vriend se dare! #SKSL