FOTO Instagram / @lalaland

FOTO Instagram / @lalaland

Hieroor praat mense

Kyk La La Land eerste!

Die musiekblyspel La La Land met Ryan Gosling en Emma Stone in die hoofrolle is ’n wegholsukses. In die VSA en Brittanje is dit ’n lokettreffer. Op Rotten Tomatoes kry dit 93%. En met sewe toekennings by vanjaar se Golden Globes –onder meer vir beste akteur en aktrise – is die kans goed dat hierdie goedvoel-prent ook by die Oscars gaan seëvier. 

In die fliek speel Emma en Ryan ’n jong paartjie wat hul pad oopsing deur Hollywood. En ja, die twee dans ook nes ’n silwerskermpaartjie uit die goue era van Hollywood!

Dis veral dié soort rolprente wat die ou Hollywood sy sjarme gegee het: Gene Kelly wat al singende water trap in die musiekkomedie Singin’ in the Rain, Judy Garland wat “Get Happy” in ’n mansbaadjie en sykouse verewig, en Fred Astaire met sy beroemde danspassies. Nou is die bekoring van die musiekblyspel terug en Hollywood gaan La La.

Tydens die verfilming het Emma en Ryan elke dag Singin’ in the Rain as inspirasie gekyk, berig Slate.

Kyk die agter-die-skerms-video van La La Land:

Jy kan La La Land eerste kyk!

Brand jou voete ook om La La Land te kyk? Donderdag 19 Januarie kan vroue hulle regmaak vir ’n vroueaand met La La Land! Die Golden Globes-bekroonde fliek wys net hierdie een aand spesiaal vir vroue in Nu Metro-teaters landwyd voordat die publiek dit op 27 Januarie te siene kry. 

Is jy Donderdagaand besig of wil jy jou kêrel saamneem? Kyk dan uit vir die spesiale vertonings hierdie Saterdag en Sondag (21 en 22 Januarie) by die volgende NuMetro-teaters:

Bedfordview (Johannesburg)

Clearwater (Johannesburg)

Hyde Park (Johannesburg)

Parkview (Pretoria)

The Pavilion (Durban)

V&A Waterfront (Kaapstad) 

Canal Walk (Kaapstad)

Walmer Park (Port Elizabeth)

Bespreek jou kaartjie hier of skakel 0861 246 362.

Lees nou

Só kan jy die brandbestryders help

Nolstalgie: Leandie en Bouwer se trouvideo

Shaun oor sy Amalia