Hieroor praat mense

Natuurfilms deur Leonardo DiCaprio en ander op pad!

Moeder Natuur is van dié naweek af die ster op die groot én klein skerm. ’n Fliekfees oor avonturiers skop hierdie naweek in die Kaap af, een van die dae is sir David Attenborough se Planet Earth II op jou kassie én volgende Sondag kan jy Leonardo DiCaprio se Before The Flood kyk!

Daar is boonop baie flieks te sien by teaters, plus Sy Klink Soos Lente en Noem My Skollie!

BANFF Mountain Film Festival

Dié filmfees toer die wêreld oor om die wêreld se beste avonturier-filmmakers bekend te stel. Die Banff-sentrum in Kanada ontvang talle inskrywings en hulle kies net die bestes vir die fees.

Besoek die webtuiste vir meer inligting oor die flieks en bespreek kaartjies op Ster-Kinekor.

Kyk hier een van die 11 kortflieks wat wys. Daar is ook ’n vollengtefilm op die program.

Planet Earth II

Sir David Attenborough se tweede reeks is byna hier en begin in November op BBC One draai.

Before The Flood

Leonardo se dokumentêre film oor klimaatverandering word hierdie naweek op National Geographic bekend gestel.

Die fliek word vandag in die VSA uitgereik, maar jy kan dit Sondag 30 Oktober om 20:05 kyk (op DStv-kanaal 181), of na ’n heruitsending Maandag, 31 Oktober om 22:50.

Nog flieks wat hierdie week wys

Lees nou

Só baie SA flieks!

Lupita wéér in Suid-Afrika