Hieroor praat mense

2017 se TV-seisoen skop af met Lady Gaga as Donatella Versace

Dit lyk reeds asof dit ’n belowende jaar gaan wees – ook vir Hollywood waar die silwerdoekakteurs ál meer in die TV-bedryf begin werk.

Ons sien uit na …

Ons was mal oor The People v. O.J. Simpson: American Crime Story verlede jaar. Cuba Gooding Jr. as O.J. Simpson, John Travolta as Robert Shapiro, David Schwimmer as Robert Kardashian en Sarah Paulson as die sterk prokureur Marcia Cross (’n rol waarvoor Paulson met ’n Golden Globe vereer is) het ons vasgenael gehou voor die kassie. 

En nou, net soos met die vervaardiger Ryan Murphy se ander gewilde TV-reeks, American Horror Story, begin die tweede seisoen van American Crime Story vanjaar met ’n nuwe misdaadverhaal: dié keer oor die reeksmoordenaar Andrew Cunanan wat ook die modeontwerper Gianni Versace voor sy huis in Miami Beach doodgeskiet het.

FOTO Donatella en Gianni Versace in 1995, twee jaar voor sy dood

Lady Gaga (wat ook in American Horror Story te sien isspeel die rol van Gianni se suster, Donatella, in die nuutste American Crime Story. Dit sal nie die eerste keer wees dat Lady Gaga die karakter van Donatella Versace voor die kamera probeer vasvang nie. Sy was in 2014 die gesig van Versace se lentereeks waarin sy soos ’n jong Donatella gelyk het.

FOTO: Lady Gaga in die Versace-veldtog (Versace Lente 2014)

FOTO Lady Gaga in die Versace-veldtog (Versace Lente 2014)

 

Die Afrikaanse reekse waarna ons uitsien …

Bobby en Karlien: In jou skoene

Dié reeks volg twee van Suid-Afrika se grootste sterre, Bobby en Karlien van Jaarsveld, op ’n emosionele en unieke avontuur. In elke aflewering stuur familielede Bobby en Karlien op ’n lewensveranderende uitdaging. Kykers beleef dié ervarings eerstehands saam met die geliefde broer en suster.
Bobby en Karlien: In jou skoene begin op 11 Januarie om 20:00 met ’n spesiale 90 minuut lange superepisode op VIA, DStv-kanaal 147.

Op die spel

Hoe goed kan jy spel? Die tweede seisoen van kykNET se gewilde speletjiesprogram Op die Spel is Maandae om 20:30 terug op DStv-kanaal 144. Op die Spel toets deelnemers se kennis van Afrikaanse spelling, die herkoms van woorde en idiome met Rian van Heerden (foto) die aanbieder en die taalkenner prof. Gerhard van Huyssteen wat die septer swaai oor wie se antwoorde reg of verkeerd is.

Buite die lyne

Vanaf 4 Januarie kuier en kook Suid-Afrika se top-rugbyspelers en hul naastes weekliks by Lady Rugga, Elma Smit, om oor hul lewe duskant die kantlyn − en natuurlik ook oor kos − te gesels. ’n Nuwe aflewering van Buite die lyne word elke Woensdag om 18:00 op VIA uitgesaai.

Seepglad

Lindi Stander, Ramey Short en Pierre Breytenbach is maar ‘n paar van die geliefde akteurs wat Maandae om 20:30 op kykNET te sien is in Seepglad. Dié splinternuwe komediereeks handel oor die drama’s voor en agter die skerms van ‘n TV-sepie Tot tyd en wyl. Die hoofskrywer, Louise van der Linde (Lorraine Burger), is ‘n weduwee en enkelma wat binnekort veertig word. Sy moet vrede maak met die feit dat haar eie lewe by haar verbygaan.

Sy word ondersteun deur haar kollegas Mel (Stander) en Willem (Breytenbach), terwyl hulle aan die einde van elke dag hul lot by die plaaslike watergat bekla. Die lewe van ‘n sepieskrywer is nie aldag maklik nie!

Soensoekers

Enkellopendes wat aanlyn maat soek kan Woensdae nader skuif vir raad oor hoe om hul beste voetjie voor te sit. In Soensoekers wys dr. Zenia, ’n bewussynsbreier – sy help ’n mens beter verstaan watter beeld jy aanlyn uitstraal – en Suna, ’n stilis, deelnemers hoe om hul maatsoekprofiele aanlyn op te kikker. Sal hul kiekies met dié twee se hulp meer klikke van belangstellendes lok? Skakel elke Woensdag om 17:30 op VIA in.

Ons sprokiestroue

Sorina Erasmus bied dié nuwe troureeks aan. Dit begin 9 Februarie om 20:00 op kykNET.

Van skaapstert tot Camembert

Die kameras gaan nie net Karoo toe nie, maar ook oor die groot waters op ’n kosreis na Frankryk saam met die sjef en kookboekskrywer Marlene van der Westhuizen. Op Van skaapstert tot Camembert nooi sy ons na haar twee huise: een in Groenpunt in die Kaap en die ander in Charroux op die Franse platteland. Vars aflewerings word vanaf 10 Januarie elke Dinsdag om 18:00 op VIA uitgesaai.

Boland Moorde

Die nuutste seisoen van dié gewilde speurreeks begin Dinsdag 14 Febuarie om 20:00 op kykNET.

 

Nóg reekse om dop te hou

Neil Patrick Harris (Barney van How I Met Your Mother) speel graaf Olaf in A Series of Unfortunate Events, wat op die gewilde kinderboekreeks deur Lemony Snicket gegrond is. Die verhaal volg die drie Baudelaire-weeskinders soos hulle uit hul bose oom se kloue probeer bly.

Series of Unfortunate Events

Jude Law en Diane Keaton speel in The Young Pope, wat wentel om die lewe van die fiktiewe karakter pous Pius XIII en in die proses ernstiger kwessies soos godsdiens en mag ondersoek.

the young pope

Archie is terug! Die gewilde strokiesprentkarakter word lewendig in Riverdale, en ons sien ook Hermoine, Jughead, Veronica en Betty in ’n nuwe lig.

riverdale

Big Little Lies voorspel groot dinge. David E. Kelley van Ally McBeal-faam is die vervaardiger en groot name soos Reese Witherspoon, Shailene Woodley en Nicole Kidman speel daarin. Die reeks is gegrond op ’n gelyknamige boek en gaan oor drie vroue wie se lewe onherroeplik deel van mekaar is.

big little lies

Vir ligter vermaak wil ons Crashing kyk. Judd Apatow, wat ook verantwoordelik is vir films soos Trainwreck, This is 40 en Bridesmaids, is die vervaardiger. Crashing gaan oor ’n komediant wie se vrou hom los.

Feud, nóg een van Ryan Murphy se projekte, gaan oor die vete tussen Joan Crawford en Bette Davis, wat glo geen ooghare vir mekaar gehad het nie. (Lees hier meer oor dié ou Hollywood-twis.)

Catherine Zeta-Jones, Stanley Tucci, Jessica Lange, Susan Sarandon, Sarah Paulson, Kathy Bates en Alfred Molina speel in die reeks van agt episodes.

feud

En dís net op die kassie! Op die silwerskerm lyk dinge net so interessant!

• Manchester by the Sea (6 Januarie)
• The Sea of Trees (begin 13 Januarie)
• Lion (20 Januarie)
• Split (20 Januarie)
• Koos Roets se Hoender met die rooi skoene (27 Januarie)
• La la land (27 Januarie)

La-La-Land-Reviews
• Loving (3 Februarie)
• Moonlight (10 Februarie)
• Fences (17 Februarie)
• Tess (24 Februarie)
• Hidden Figures (24 Februarie)
• Jackie (3 Maart)

jackieheader
• Jagveld (17 Maart)
• Miss Sloane (17 Maart)
• Kampterrein (24 Maart)
• Die Rebellie van Lafras Verwey (7 April)
• The Shack (14 April)
• Rules Don’t Apply (5 Mei)
• Guardians of the Galaxy Vol. 2 (5 Mei)
• 20th Century Women (12 Mei)
• Baywatch (12 Mei)
• Johnny is nie dood nie (17 Mei)
• Despicable Me 3 (30 Junie)
• Dunkirk (28 Julie)
• The Lobster
• Nocturnal Animals
• American Honey

Ekstra bron: Vogue

Lees nou

Ou Hollywood-twis – nuwe TV-reeks

Die beste films van 2016. Hoeveel het jy al gekyk?

Marita en Anna-Mart gesels films en kos