lady

Lady Gaga op die voorblad van haar nuutste album Joanne.

Hieroor praat mense

Lady Gaga: “Ek mis mense …”

Hy was die liefde van haar lewe, het Lady Gaga eens op Instagram oor die akteur Taylor Kinney geskryf. Maar ná vyf jaar saam en ’n verlowing het die paartjie se paadjies in Junie geskei.

Lady Gaga het die hartseer nuus destyds op sosiale media gedeel. “Ek en Taylor het nog altyd geglo dat ons sielsgenote is … Ons vat ’n blaaskans. Bly hoop vir ons. Ons is soos alle ander mense en is regtig lief vir mekaar.”

In ’n eerlike onderhoud met CBS News het Lady Gaga meer vertel oor die negatiewe kant van roem en gesels oor haar liefdesteleurstelling. Haar vyfde album, Joanne, is op 21 Oktober vanjaar bekend gestel.

Lady Gaga sê dit is haar eerlikste nóg. “Million reasons” is die naam van die liedjie wat oor verhoudings handel. Sy en haar verloofde, Taylor Kinney, het in Junie hul verhouding beëindig. Sy sê aan CBS News:

“Ek dink vroue het baie innig lief. Ons is lief vir mans. Ons het lief met als wat ons het. En soms weet ek nie of daardie liefde beantwoord word met die soort waardigheid waarop ons hoop dit sal beantwoord word nie. Jy weet, ons probeer julle nie minder van ’n man maak nie. Ons wil net hê julle moet ons so diep en heelhartig en volledig liefhê soos wat ons julle liefhet.”

Luister die liedjie hier:

Sy het saam met verskeie bekendes aan dié album gewerk, onder andere die skrywer, vervaardiger en sanger Mark Ronson, sangeres Florence Welch en Tame Impala se tromspeler, Kevin Parker. Sy het ook met sir Elton John saamgewerk, hoewel daardie liedjies nie op die album is nie.

Joanne handel oor emosies en familie, vandaar die naam. Joanne Stefani Germanotta was die suster van Lady Gaga se pa. Sy is op 19 oorlede aan lupus. Joanne is ook Lady Gaga se middelnaam en die naam van haar ouers se in New York.

Sy praat oor haar sukses en hoe moeilik dit was om weer haarself te wees wanneer sy van die verhoog af is. Sy het vreeslik emosioneel geraak toe sy vertel van hoe sy aan die wêreld en haar aanhangers behoort.

“Ek besef terdeë dat ek nie meer vry is wanneer ek my eiendom se grenslyn oorsteek nie [...] Dis wettig om my te volg, dis wettig om my op die strand te bekruip. Ek kan nie die polisie bel of mense vra om te loop nie. En ek het toe daardie grenslyn só bekyk en vir myself gesê: Wel, as ek nie daar buite vry kan wees nie, gaan ek hier binne-in myself vry wees.”

Sy sê ook dat sy mense mis en die vryheid om enige tyd uit te gaan en net gewone gesprekke te hê met mense, enige tipe mense. “Ek mis mense, ek is lief vir mense,” sê sy.

Kyk die roerende CBS-onderhoud hier:

Bron: Mashable

Vroeër vanjaar in SARIE se Maart 2016-uitgawe het die aktrise Anel Alexander erken dat sy en haar akteursman, James Alexander, mekaar altyd eerste stel.

FOTO Ivan Naudé

FOTO Ivan Naudé

“Ons stel ook mekaar eerste, vóór die publiek. Ek het geleer om nee te sê, al interpreteer mense dit soms dat jy dink jy’s beter as hulle. Ek is nie, maar my man wat in die kar sit en wag, is belangriker as die 38ste mens wat met my in die winkelgang met bevrore voedsel kom gesels!”

Lees nou

Dis tyd om aan te beweeg – tekens jou verhouding is verby

Mans hanteer verbrokkelde verhoudings erger as vroue

Wêrelddag vir lupus – die stil siekte