FOTO Instagram/ @ladygaga

Hieroor praat mense

Lady Gaga skitter by Super Bowl

Gister het die Grammy-wenner Lady Gaga se aanhangers, oftewel “monsters”, oor die wêreld heen in spanning gewag om te sien wat sy gaan doen tydens haar halftyd-vertoning by die Amerikaanse voetbalhoogtepunt, Super Bowl. Soos altyd het sy nie teleurgestel nie …

Lady Gaga was van die dak af ingehys.  In ’n silwer pakkie met silwer stewels het sy gehore vermaak met ou en nuwe treffers, soos “Pokerface”, “Telephone” en “Born This Way”. Hoewel haar opvoering geen vleispakke en kontroversiële uitrustings ingesluit het nie, het sy steeds vir groot vermaak gesorg.

Kyk die volledige vertoning hier:

Sy is nie al hoogtepunt van gisteraand se Super Bowl nie. Die Amerikaanse musiekblyspel Hamilton, wat in 2016 elf Tony-teatertoekennings ontvang het, het ook sy merk gemaak. Drie van die oorspronklike ensemble, Renée Elise Goldsberry, Jasmine Cephas Jones en Phillipa Soo, het die patriotiese 1892-lied, “America the Beautiful”, gesing.

Kyk die opvoering hier:

Lees nou

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017

Jou SARIE-gids: Alles oor grimeerborsels

]Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!