Ballade vir 'n Enkeling
Hieroor praat mense

Landwye voorskou van Ballade vir ‘n enkeling op 18 Maart 2015

Jy hoef nie tot Vrydag te wag om Donnalee Roberts, Armand Aucamp, Rolanda Marais en Jacques Bessenger in Ballade vir ‘n enkeling te sien nie. Dié romantiese speurverhaal se landwye voorskou is môre, 18 Maart 2015.

Ster-Kinekor bied jou die geleentheid om dié Afrikaanse fliek twee dae voordat dit amptelik op die grootskerm begin draai, te sien. Die voorskou van Ballade vir ‘n enkeling sal by Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters landwyd vertoon word.

Daarna kan jy dit ook vanaf die openingsnaweek op 20 Maart in teaters gaan kyk.

FOTO: Facebook

Rolanda Marais en Jozua Malherbe by die Kaapse première van dié fliek  FOTO: Facebook

Kyk na Ballade vir ‘n enkeling lokprent HIER.

Vir besprekings en meer inligting, besoek gerus Ster-Kinekor by www.sterkinekor.com, Nu Metro by www.numetro.co.za of besoek die naaste onafhanklike teater.

Gebruik die hutsmerke (hashtags) #20Maart2015,  #MoenieDinkNieDoenNet wanneer jy oor dié trots Suid-Afrikaanse fliek via sosiale media gesels.

Kyk ook gerus na Die Heuwels Fantasties se splinternuwe musiekvideo vir dié film, wat hulle oor die naweek vrygestel het.