Hieroor praat mense

Le Creuset en SARIE – #cuppaforCANSA – FOTO’S en video

Le Creuset het SARIE uitgedaag om ‘n #cuppaforCANSA te hou om geld in te samel vir KANSA. Ons het die uitdaging aanvaar en lesers genooi om by ons in die hart van SARIE, ons Kaapse kantoor, aan te sluit vir ‘n onvergeetlike ervaring.

Binne minute was die kaartjies uitverkoop, en op Saterdagoggend 1 November het 25 SARIE-lesers kom saamkuier. Herman Lensing (SARIE kosredakteur) en Barbara Joubert (SARIE KOS kosredakteur) het die feestafels gedek en op die spyskaart was daar alles, van filet in truffel-marinade tot verleidelike kaaskoek.

Die SARIE-span het ook items opgeveil om nóg fondse in te samel en uiteindelik kon ons R14 000 aan KANSA skenk.

Baie dankie aan die borge: Le Creuset, Ceres, DuToitskloof-wyn, KWV, Okasie, Ayala Bar-juwele en Woolworths. En vir almal wat bygedra het tot die geskenkpakke: Ina Paarman, Willow Creek-olyfolie, Polo South Africa, Placecol, Pacmar, Accessorize en Fossil.

FOTO’S en video: Lou-Ann Stone

_MG_0808 _MG_0904 _MG_0908 _MG_0920 _MG_0925 _MG_0959 _MG_0979 _MG_0981 _MG_0993 _MG_1008 _MG_1012 _MG_1023 _MG_1031 _MG_1050 _MG_1059 _MG_1068 _MG_1080 _MG_1099 _MG_1102 _MG_1105 _MG_1125 _MG_1138 _MG_1140

 

_MG_0867 _MG_0870 _MG_0876 _MG_0879 _MG_0903

nuut9 nuut8 nuut6 nuut5 nuut3 nuut2 new1 _MG_0895

En hier’s die VIDEO: