FOTO: NIght & Day

FOTO: NIght & Day

Hieroor praat mense

Doen-dinge vir die naweek

Februarie is die maand van liefde. En met só ’n maand moet jy reeds van die eerste naweek jou ontspanningstyd met opwindende geleenthede vul. Hier is jou sosiale kalender vir die naweek. 

Night & Day

Dis weer tyd vir die baie gewilde buitelug-balletseisoen wat jaarliks deur die Kaapstadse Stadsballet in die Maynardville-park aangebied word. Vanjaar se ballet, Night & Day, word op maat van Cole Porter se bekende musiek gedans en neem die gehoor op ’n aangrypende reis deur dié beroemde liedjieskrywer se besonderse lewe en loopbaan.

Die ballet is die geesteskind van choreograaf en artistieke direkteur van die Kaapstadse Stadsballet, Robin van Wyk, en is geïnspireer deur die bekroonde film De-Lovely. Verwag ’n feestelike kombinasie van klassieke en neo-klassieke ballet, met ’n goeie knippie jazz- en klopdans en selfs ’n tikkie stoute Latyns-Amerikaanse passies en elegante ballroom.

Met beroemde musikale treffers soos “Let’s Do It”, “I’ve Got You Under My Skin”, “Let’s Misbehave”, “Love for Sale”, “In the Still of the Night” en “Begin the Beguine” as die klankbaan, is Night & Day ’n danservaring uit die boonste rakke wat nie misgeloop kan word nie.

Plek: Maynardville-buitelugteater, Kaapstad.

Datums: 7 Februarie 2016, 14 Februarie 2016, 21 Februarie 2016

Kaartjies te koop by: Computicket

FOTO: NIght & Day

FOTO: NIght & Day

Mumford & Sons

As jy hou van folk-musiek met ’n rock-gevoel, moet jy beslis nie Mumford & Sons misloop nie. Hulle het ons reeds in Kaapstad en Durban vermaak, nou is dit Pretoria se beurt.

Plek: Monument Amfiteater, Pretoria.

Datum: 6 – 7 Februarie 2016

Lees die oorlewingsgids vir dié konsert HIER

Lace up for Cancer

KANSA bied ’n stapdag aan waar mense hul ondersteuning vir kankerlyers kan wys. Kry jou tekkies gereed en kies tussen die 5 km-stap of 10 km-draf.

Plek: Groenpunt-vuurtoring

Datum: 4 Februarie 2016

Kaartjies te koop by: Quicket

 

Cape Town Tens

Dis een van Suid-Afrika se top-sportgeleenthede vir rugby, netbal en vlugbal. Terwyl jy die sportmanne en -vroue se sportvernuf geniet, is daar ook vermaak deur GoodLuck, Just Jinjer, Kurt Darren en The Rivertones.

Plek: Hamiltons Rugbyklub, Groenpunt.

Datum: 4 – 6 Februarie

Kaartjies te koop by: Webtickets

A photo posted by Cape Town 10s (@capetown10s) on

I love PE Wine Show

Wat wil jy meer hê as wyn, musiek en lekker kos in ’n plek wat as die Vriendelike Stad bekend staan? Kom geniet ’n glas wyn by dié fees.

Datum: 5 – 6 Februarie 2016

Plek: Slipperfields-landgoed

Kaartjies te koop by: ilovepewineshow

 

Dan Patlansky

Die Suid-Afrikaanse kitaarspeler Dan Patlansky tree in Kaapstad op. En sy kitaarspel sal jou beslis betower.

Datum: 6 Februarie 2016

Plek: Cape Town Club

Kaartjies te koop by: Quicket

A photo posted by Dan Patlansky (@danpatlansky) on  DT

The Groot Picnic

Hou piekniek met jou familie en vriende met lekker musiek op die agtergrond.

Plek: Groot Constantia, Kaapstad

Datum: 6 Februarie 2016

Kaartjies te koop by: Webtickets

A photo posted by Groot Constantia (@grootconstantia) on

 

 

Nóg geleenthede

Om na uit te sien

Nataniël bring sy nuwe produksie, Mannequin, na die Kunstekaap-teater van 12 – 17 April. Dié produksie vier 29 jaar op die verhoog en bevat Nataniël se skreeusnaakse stories en sketse in Engels en Afrikaans, asook ’n hele nuwe versameling musiek. Daar is jazz, soul, blues, rock en pop, maar ook nuwe musiek uit Nataniël se pen.

Die Charl du Plessis-trio met Werner Spies (kontrabas) en Hugo Radyn (tromme) deel die verhoog met Nataniël. Die modeontwerper Floris Louw is weer verantwoordelik vir sy over the top-uitrustings. Besprekings is reeds oop by Computicket.

Nataniel MANNEQUIN

Lees nou