Doreen Katzen1
Hieroor praat mense

Lewensvaardighede van die ondervinding van ‘n leeftyd

Doreen Katzen is ‘n welbekende eiendomsagent van Vered Eiendomme. Sy het ‘n sleutelrol gespeel in die residensiële eiendomsmark en het reg deur haar lewe moed aan die dag gelê  om met volgehoue toewyding ‘n verskil te maak.  Sy het al die rolle, van besigheidsvrou, ma, ouma tot vriendin, vennoot, eggenoot en berader – vervul. Deur dit alles , het sy vir meer as veertig jaar, ‘n ryk tapiserie van ondersteuning vir ander geskep.

Haar rol as berader

Doreen is ‘n mense mens.  Sy was ‘n Lifeline vrywilliger vir 7 jaar en het vir 702 se hulplyn en Krisis Sentrum 13 jaar vrywillig gehelp, totdat die eiendomsbesigheid te veel van haar tyd geëis het.

“Ek  gebruik daagliks nog my beradersvaardighede, wanneer ek met kliënte te doen het, wat moeilike uitdagings in hul lewens ervaar, soos dood, egskeiding en siektes.” Verduidelik Doreen.  “Hierdie agtergrond stel my instaat om ‘n balans tussen meegevoel en objektiwiteit te skep.  Dit gee my ook insig om my kliënte te verstaan.  My beroep is nie net sommer ‘n werk vir my nie, maar ek sien dit as ‘n platform om iemand se lewe op te helder. (aan die ander kant probeer ek my eie werk en gesinslewe balanseer, wat gereeld ‘n uitdaging is, as jy in gedagte hou dat 24 uur nie genoeg is vir hierdie besigheid nie.)

Lesse geleer  as ‘n berader.

As ‘n berader was ons rol nie om advies te gee nie, maar om eerder goeie luisteraars te wees.  Die persoon moet gehelp word om hulle opsies te verken, hoe om hulle uitdagings, moeilike situasies te kan hanteer en verstaan asook die gevolge van hulle besluitnemings.

Volgens Doreen speel ons begrip van selfwaarde ‘n rol in ons alle daagse lewe.  Doreen is altyd onberispelik geklee, ten spyte van die feit dat sy haarself as onopgesmuk beskryf. Sy het op ‘n klein dorpie in die Wes-Rand grootgeword.  “As ek 30 jaar kan terugbeweeg na ‘n jonger weergawe van myself, sou ek ander mense, wat van my verskil, waardeer en besef wat  my eie krag is, in plaas daarvan om ander op ‘n verhoogstuk te plaas.

Van al my lewenslesse , verskillende rolle en ervarings kan ek die volgende deel:

5 sleutellesse om groter selfvertroue te skep

1. Moet dit nie persoonlik opneem nie.

Ons word vasgevang in die oomblik deur iemand wat ons by die werk beledig, dat ons selfs die verkeersknoop persoonlik opvat. Menige keer het ons nodig om ‘n tree terug te neem en te besef, dat al is iemand selfs onvriendelik teenoor ons,  dit gewoonlik probleme in hulle eie lewens is, eerder as ‘n weerspieëling van iets wat ons gedoen het.

2. Self-gesprek

Ons innerlike gesprekke met onself het ‘n groot impak op ons gevoelens.  Hanteer jouself met dieselfde deernis waarmee jy ‘n goeie vriend sal hanteer eerder as om jouself te kritiseer en gedurig fout te vind.

3. Wees volmaak in jou onvolmaaktheid

Dit is onmoontlik om alles perfek te doen.  Selfs ‘n vliegtuig, met al sy elektronika is 90% van sy vlug van koers af.  Dit pas eevoudig die heeltyd aan, gaan terug op koers sodat dit uiteindelik sy bestemming bereik.  Op dieselfde manier moet ons die eerste stap neem en ons roete gereeld aanpas en son tree vir tree ons verlangde doel bereik.

4. ‘n Houding van dankbaarheid.

Vind elke dag ten minste 3 redes om voor dankbaar te wees.  Jy kan dankbaar wees oor jou gesin, oor die sonskyn op jou gesig,  ‘n wonderskone sonsondergang tot ‘n vreemdeling wat vir jou glimlag.

5. Dit is alles net persepsie.

Dit hang van jou af of jy die glas as half-vol of half-leeg sien.  Ons kan op enige gegewe oomblik ‘n situasie interpreteer volgens ons keuse.  Selfs tye in moeilike verkeersomstandighede kan as ‘n uitdaging gesien word.  Jy kan die tyd gebruik om aan jou doelwitte wat jy  in die lewe wil bereik, te dink.

In ‘n neutedop saamgevat volgens Doreen:

“Die lewe kan ‘n uitdaging wees, maar jy moet besef jy is nie alleen nie en daar is organisasies soos “Lifline” wat jou uit jou moeilike situasie kan begelei.”