woord2015650
Hieroor praat mense

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar

Twee jaar gelede was Oxford se woord van die jaar “selfie“, die woord wat die wêreld soos ’n veldbrand oorgeneem het. Verlede jaar was dit “vape”, wat verwys na die rook van e-sigarette. En vanjaar het hulle ’n emoji gekies as die woord van 2015.

emoji

Lees meer oor dié emoji HIER

Nou het die Afrikaanse webwerf LitNet ook húl ‘woord’ vir 2016 bekend gemaak. Die woord is #. LitNet se redakteur, Etienne van Heerden, verduidelik op hul webtuiste is dit ‘n woord wat die “tydsgees stip vasvat”.

# is gekies uit 15 woorde op LitNet se kortlys. Die ander woorde op die kortlys was:

  • Studente-opstande
  • Zunami
  • Vlugteling
  • SlimWim
  • Droogte
  • Beurtwater
  • Terreur
  • Gaydebat
  • Afrikaans
  • Kakiebosch
  • Ekkie
  • Poenankies
  • Witgeit
  • Hommeltuig

Lees meer op LitNet.