Hieroor praat mense

LOKPRENT: Nuwe Afrikaanse dramareeks

Volg die lief en die leed van ses generasies uit ‘n setlaarsfamilie, asook die swart werkersfamilie op die plaas Donkerland in KwaZulu-Natal – van die eerste stamvader in 1838 tot 1996.

Met groot name soos Gys de Villiers, Willem Botha, Anel en James Alexander, Jacques Bessenger, Helene Lombard, Altus Theart, Rolanda Marais, en Vilje en Albert Maritz beloof dié reeks om beslis ‘n kyk werd te wees.

Donkerland ondersoek die ingewikkelde verhoudings tussen die setlaarsfamilie en die swart werkersfamilie oor 158 jaar op dié plaas. En drama is daar vollop.

FOTO: Albertz Maritz en Gys de Villiers op die stel van Donkerland

Donkerland

FOTO: Willem Botha

FOTO LINKS: Francois Jacobs, Jenna Dunster (Binneland) en Thapelo Sebogodi (Life’s a Stage)   FOTO REGS: Gustav Gerdener (Isidingo)

Kyk na agter die skerm-foto’s hier!

Die reeks van 13 episodes is gebaseer op die Hertzogprys-wenner Deon Opperman se gelyknamige verhoogproduksie van 1997. Dít was ‘n mylpaal vir Suid-Afrikaanse letterkunde omdat geen doekies omgedraai is met die openhartige en eerlike voorstelling van die Afrikaner geskiedenis nie. Barrie Hough het destyds in die Rapport geskryf:

Hierdie drama, wat aan grootsheid grens, is ʼn gesamentlike waarheidskommissie, ʼn katarsis vir ʼn Afrikaanse gehoor… Die onmenslikheid van die Afrikaner teenoor sy medemens was selde as te nooit voorgestel op so ʼn skokkende wyse op die Afrikaanse verhoog.  Wat so ontstellend is, is dat Opperman dit regkry om hierdie mense op so ʼn manier uit te beeld, dat jy ook oor hulle begin omgee.

Deon het sedert 2008 al 6 reekse vir kykNET geskryf: Kruispad (2008), Hartland (2011) en Getroud met Rugby (2008, 2009, 2010 en 2012).

FOTO’S: Lucius Khulu (links) en Neil Bennett Grib (regs)

Donkerland

FOTO: Gys de Villiers

FOTO’S: Phumi Mncayi (links) en Tim Theron (regs)

DonkerlandFOTO: Sarahann Doherty (Binneland)

Donkerland begin Dinsdag, 13 Augustus, om 20:00 op kykNET (Dstv-kanaal 144).

HIERONDER is die lokprent vir dié opwindende nuwe reeks: