FOTO: Facebook The Boers at the End of the World

Hieroor praat mense

LOKPRENT van nuwe dokumentêr wys Afrikaanssprekendes in Argentinië

Meer as ’n eeu gelede het ’n paar Boere-families die land verlaat ná die Anglo-Boereoorlog. Hulle het hulself in Argentinië gaan vestig.

Nou het die Kaapse rolprentmaker Richard Gregory ’n dokumentêr gemaak oor die nasate van dié Boere-Argentyne wat ná al die jare steeds Afrikaans praat.

Dié gemeenskap het vasgeklou aan hul kultuur en sommige eet steeds melktert! Daar is slegs ’n handjievol mense wat hier nog Afrikaans praat. Een van die jonger meisies het selfs ’n protea op haar maag laat tatoeëer.

FOTO: Facebook  The Boers at the End of the World

Richard (regs) kuier saam met die Boere-Argentyne
FOTO: Facebook The Boers at the End of the World

In dié lokprent wys Richard hoe dié mense steeds Suid-Afrika as hul ware tuiste beskou.

Kyk HIER hoe speel een van die vroue “Suikerbossie” op haar trekklavier.

*Richard is steeds besig om sy dokumentêr oor die Boere-Argentyne, The Boers at the End of the World, klaar te maak. Hierdie is slegs die lokprent.

boers-at-the-end-world3-590x350

Bronne: Beeld en SA People