FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Hieroor praat mense

My lyf, my saak – Marciel Hopkins skryf

Marciel Hopkins is lief vir haar liggaam en aanvaar elke kurwe nes dit is. Sy’t vrede gemaak om ’n nommer 14 te wees en verklaar liggaamsliefde wyd en syd. 

Sy was ’n voormalige Mej. SA-finalis en het destyds 14 kg verloor sodat sy in ’n nommer 12-bikini kon pryk in die Mej. SA-wedstryd. Sy moes ’n strawwe eet- en oefenprogram volg en het haar by tye byna sosiaal afgesonder om dit te kon volhou.

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Met die boodskap van selfaanvaarding is sy al die pad Londen toe! Hier skryf sy oor haar aankoms in Londen, haar verwagtings en die werklikheid van jou modeldrome najaag oorsee …

Marciel skryf reeds vir ons.

Haar eerste blog: Marciel skryf vir ons uit Londen!

28 ure se reis later en die Bakerloo-trein stop uiteindelik by my stasie. Met die uitklimslag word die bedompige treinkompartement vervang met die reuk van jong, vars drome wat in die lug hang. Met twee groot tasse, ekstra swaar met geskenke vir die niggies en nefies, trotseer ek die reuse-stel trappe wat voor my lê. Met elke tree en druppeltjie sweet wat teen my rug afrol, word die opwinding groter en die moegheid kan maar eers wag. En alles wat ek by die huis agtergelaat het, kan ook eers wag. Ek is in Londen. Dit is tyd om naam te maak vir myself.

Lees meer hier.

marciel

Straatnaam-spogregte in Westminster. FOTO Verskaf

Haar tweede blog:  Marciel op die trein na haar eerste job

Ek het my eerste job geboek. Klein, maar die ys is gebreek. Ek moes al 05:00 die oggend opstaan om die eerste trein 06:00 te haal net om per ongeluk ’n volle uur vroeg in Essex te wees! Eerder te vroeg as te laat, ek is immers ’n walking CV van myself. Gelukkig kon ek op die trein ’n uiltjie knip tussen skoolkinders se high pitch opwinding en al.Lees meer hier.

marciel

‘Vintage shopping’ by Portobello Market in Notting Hill. FOTO Verskaf

Haar derde blog: Daar’s ’n wêreld wat gesien, geproe en geruik moet word

Party dae is op, party dae is af. Af in die sin dat daar niks opwindend gebeur nie, dus moet jy maar geduldig wees en weet hoe om jouself besig en positief te hou. Die Mej. SA-kompetisie het my in dié sin goed voorberei vir my modelloopbaan. Party dae was opwindend met interessante lesings of glanspartytjies. Ander dae was net doodnormaal. Dan moes ek versigtig wees om nie my tyd in ’n hotelkamer om te wens nie. Om nie te wens dat ons reeds besig was met repetisies vir die finale aand nie.

Lees meer hier.

marciel

‘n Besoek aan Old Spitalfields Sondagstraatmark. FOTO Verskaf

Lees nou

Freakshakes: ja, dis ’n regte woord!

Scarlett maak springmieliewinkel oop