FOTO Twitter

FOTO Twitter

Hieroor praat mense

‘Ma koop sweetpakke te groot,’ sê Schalk

Ja-nee, Suid-Afrikaners is vies oor die sakkerige, styllose Olimpiese sweetpakke wat kwaai afsteek teen die stylvoller drag van onder meer die Amerikaners (ontwerp deur Ralph Lauren), die Britte (Stella McCartney en Adidas), die Franse (Lacoste) en die Swede (H&M) …

“Dit lyk soos ’n ma wat vir haar kinders gesê het: Daar is nie genoeg geld nie, ons koop die sweetpakke drie sizes te groot, julle is tien en moet daarin groei tot julle dertien is,’’ meen die grapkas Schalk Bezuidenhout.

“Hulle hoef darem nie so cheap te wees nie. As Hoërskool Jeugland in Kempton Park vir die eerste hokkiespan custom-made sweetpakke kan reël, kan ons darem seker vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span sweetpakke – met die spelers se name daarop geborduur – laat maak,’’ sê Schalk.

Selfs ons minister van sport, Mbalula Fikile, het getwiet:

Mode-ontwerper Vesselina Pentcheva reken ons span se sweetpakke is disrespekvol teenoor die atlete.

“Dit is mans en vroue in die fleur van hul lewe, met pragtige lywe. Om hulle in sulke sakke aan te trek, is onverskoonbaar. Dié sportgebeurtenis was ’n kans om hulle te bemagtig. Plaaslike top-ontwerpers soos Marianne Fassler en Laduma Ngxokolo kon vir hulle ontwerp het. Helder Ndebele-motiewe en noupassende sweetpakke sal goed werk.”

“Toe Chad le Clos op die podium verskyn het saam met die Amerikaner Michael Phelps en Hongarye se László Cseh, waar al drie die silwermedalje vir die 100 m-vlinderslag gedeel het, het hy so ellendig in daardie sweetpak gelyk. Dit is ’n skande,” meen Vesselina. Ook Reinard Ludick, radio-aanbieder by Smile, reken dit lyk asof die sweetpakke op nommer 99 aanmekaargeflans is. “Hoe moeilik kan dit wees om atlete se mate te neem, vooraf passings te doen en mode-ontwerpers te kry om handjie by te sit. Hulle moet mos lyk soos wenners.”

Kyk net hoe praat hulle oor dié sweetpakke op sosiale media:

Lees nou

Wie is Henri Schoeman?

Kyk die hoogtepunte van die Olimpiese Spele