Ignore no more
Hieroor praat mense

Ma bou app wat kinders forseer om hul ouers terug te bel

Sharon Standifird van Amerika was net mooi keelvol vir haar tienerseun wat haar nie terugbel nie. Toe besluit sy om ’n plan te maak.

Sharon het die app Ignore No More ontwikkel wat ouers op hul eie en hul kinders se fone installeer. Wanneer jy dan herhaaldelik jou kind probeer bereik en hy ignoreer jou, kan jy sy selfoon sluit sodat hy nie verder daarmee kan bel nie totdat hy jou terugbel. Hy kan wel nog noodnommers bel, maar nie op Facebook ingaan nie, WhatsApp-boodskappe stuur of speletjies speel nie, nada.

Wanneer hy jou terugbel, gee jy vir hom die 4-syfer-kode en daarna kan hy sy foon weer soos normaal gebruik.

Android

Ignore No More is vir nou nog net vir Android-toestelle beskikbaar en kan in die Google Play-winkel vir R19,99 afgelaai word.

Ignore no more

Wat dink jy? Blink plan of nie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bykomende bron: Linda.nl