FOTO: Facebook Heidi Johnson

FOTO: Facebook Heidi Johnson

Hieroor praat mense

‘VIRAL’-nuus: Ma se ‘kwaai’ brief aan 13-jarige seun

Almal praat oor die “kwaai” brief wat Heidi Johnson, ’n enkelma van Italië, aan haar 13-jarige seun, Aaron, geskryf het. Sy was keelvol vir sy slegte gedrag en stel toe ’n ultimatum aan hom, berig Huffington Post

Heidi het aan die begin van September ’n foto van dié brief op haar Facebook-blad gedeel en dit is reeds meer as 86 000 keer ge-“like” en is al meer is 160 000 keer gedeel.

FOTO: Facebook  Heidi Johnson

FOTO: Facebook Heidi Johnson

“Aangesien dit lyk asof jy vergeet het dat jy net 13 jaar oud is en dat ek jou ouer is … dink ek dis tyd dat jy leer om meer onafhanklik te wees. Jy het ook die feit dat jy jou eie geld verdien in my gesig gegooi, daarom dink ek dit sal vir jou makliker wees om al die items wat ek in die verlede vir jou gekoop het, terug te koop …

“Verder moet jy op Maandae, Woensdae en Vrydae die asblik leegmaak, asook uitvee en stofsuig. Jou badkamer moet weekliks skoongemaak word, jy moet jou eie etes berei en skoonmaak waar jy mors. Indien jy versuim om dit te doen, sal dit jou ’n skoonmaakfooi van $30 (R497) kos vir elke dag wat ek dit self moet doen. Indien jy besluit om eerder my kind te wees pleks van my huismaat, kan ons oor dié voorwaardes onderhandel. Liefde, Ma,” lees die brief.

Sowat 13 000 mense het op Facebook hul opinie gedeel: “Ek het iets soortgelyks met my seun gedoen. Dit werk. Welgedaan, ma!” het een pa geskryf.

Alhoewel die meeste terugvoer positief was, is daar diegene wat Heidi se ouerskapstyl kritiseer: “Jy is ’n slegte ma wat haar kind dreig. Kinders is nie slawe nie,” skryf ’n ander ma.

Moet ouers soms hard optree?

  • JA
  • NEE

Bron: Huffington Post 

Lees ook