FOTO Facebook / A Miracle Unfolding-Gardner Quadruplets

Hieroor praat mense

Ma van 4 kruip weg vir haar kinders (ons weet hoe sy voel)

As ’n ouer ken jy die gevoel om soms net ’n bietjie tyd vir jouself te wil hê. Maar as jy vier kinders het wat jou aandag verg, is alleentyd ’n luukse.

Ons moes net lag vir dié blogger van Utah in Amerika wat ’n video van haarself gedeel het terwyl sy “wegkruip” vir haar vierling.

Die video se naam: Moederskap opgesom in 34 sekondes.

Die video het vinnig viral gegaan met baie ouers wat empatie met die ma het. Wees nie bevrees nie, want sy het die kinders nie lank alleen gelos nie en als was in goeie gees.

Die blogger, Ashley Gardner, en haar man, Tyson, is nie onbekend op sosiale media nie. Die foto’s van Ashley toe sy uitvind sy is swanger met ’n vierling het ook destyds aandag getrek.

Die paartjie blog nou oor hul ervaringe. En kyk net hoe lyk die vierling vandag!

FOTO Facebook / A Miracle Unfolding-Gardner Quadruplets

FOTO Facebook / A Miracle Unfolding-Gardner Quadruplets

Bron: Fox NewsGardner Quad Squad

Lees nou

Dis tyd! Pak dít in as jy hospitaal toe gaan, sê Ivanka Trump

CES-produkte waarvan jy móét weet

5 grimeergewoontes om nóú te kweek