apps

FOTO Mark Cameron

Hieroor praat mense

Maak geld op dié apps … met enige talent!

Die Desembervakansie is nou om die draai en saam daarmee wink uitstappies, kos, geskenke en petrol-uitgawes vir jou. Daar gaan al jou geld … Hier is twee apps wat jou kan help om vinnig geld te maak, sommer voor jou verlof al goedgekeur is!

Is jy mal oor kosmaak, maar woon alleen en kry dus nie kans om groot etes te kook nie? Is jy ’n ingenieur, maar in jou vrye tyd wil jy graag fotografie-lesse aanbied? Wel, dan het ek goeie nuus vir jou! Die app-muise het geluister en hier is twee nuwe apps/webtuistes wat jou kan help om te doen waarvoor jy lief is én geld daaruit te maak!

Wazupa

Hierdie webtuiste en app stel grazers (diegene wat eet, maar nie kook nie) bekend aan huiskokke in hul omgewing. Dít skep ’n besigheidsomgewing vanuit die huiskok se huis, waarvandaan etes afgelewer word of waar grazers dit kan afhaal.

Grazers kry heerlike tuisgemaakte kos deur net op Wazupa te gaan en te loer na wat elke huiskok beskikbaar het. Jy kies, bestel, besluit of jy gaan optel of aflewering benodig, en maak dan jou betaling.

Huiskokke word gegradeer. Allerhande soorte kos is beskikbaar, van banting tot suiwelvry, seekos tot Asiatiese kos, halaal en vegetaries!

 

Wazupa is landwyd beskikbaar en jy kan inteken as ’n huiskok of ’n grazer.

apps

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Kalido

Is jy die eienaar van ’n kleinsakeonderneming op soek na gekwalifiseerde werknemers vir ’n sekere tydperk of bepaalde taak, óf ’n vryskutwerker wat spesialiseer in ’n rigting of vele rigtings?

Kalido bring dié twee groepe bymekaar deur ’n persoonlike pasmaat-sisteem sonder enige intekenfooie of kommissie.

Die sisteem gradeer jou beste pasmaats sodat jy maklik kan besluit met wie jy die beste sal saamwerk. Kalido vind die mees relevante pasmaat deur ook te kyk hoe naby hulle aan jou in sosiale kringe is (’n familielid is hoër op die ranglys as ’n vriend van ’n vriend se vriend) en waar hulle fisiek geleë is. Ander faktore word ook in ag geneem, soos kontakte wat julle albei het, netwerke en belangstellings. Sodoende het jy die beste persoon om mee te werk aangesien veiligheid in ag geneem word en persoonlike konneksies gemaak word.

Jy kan ook jou adres verander en uitvind watter werknemers of werkgewers naby aan jou is.

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Lees nou

Só moet jou begroting lyk! Wel, so sê ‘hulle’ …

Dié top-10 SA vakansieplekke raak vinnig vol!

Instagram se koffie-kampioen kom uit Joburg!

Dié apps lewer vir jou enigiets af!