Mall of Africa lees nou
Hieroor praat mense

Mall of Africa lok duisende

In die noorde was daar gister groot opwinding toe die nuutste winkelsentrum, Mall of Africa, in Midrand, Gauteng, geopen is. Duisendes het van vroegoggend af by die sentrum opgedaag, en baie het met groot opwinding voor veral die deure van die internasionale klerewinkelgroep H&M gaan staan.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

In 2015 het mense tou gestaan toe H&M sy eerste twee winkels in SA oopgemaak het, een in die V&A Waterfront in Kaapstad en een in Sandton City in Johannesburg. Vanjaar het die groep nóg drie winkels oopgemaak. Die ander twee takke (buiten die een wat gister geopen het) is in Mall of The South in Johannesburg en Clearwater Mall in Roodepoort.

Image 4

FOTO verskaf deur H&M

Die nuutse H&M bestaan uit twee reuse-vloere en het ook ’n dekor-afdeling, H&M Home Department – ’n eerste vir Gauteng.

Image 2

FOTO verskaf deur H&M

Lees nou