sr1210manda_reyneke_08
Hieroor praat mense

Manda Reyneke oor Deon Helberg: “My affair het my lewe verwoes”

Dit klink soos iets uit ’n sepie: ’n Skatryk doktersvrou wat ’n affair aanknoop met haar tienerdogter se rugbyspeler-kêrel, 26 jaar jonger as sy . . . toe huur sy Nigeriërs om sy knie te beseer . . . word op aanklag van sameswering tot moord in hegtenis geneem en kry drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.

“Ek wou nie hê hy moes weer rugby speel nie.” Só vertel sy aan SARIE wat sy aan hom wou doen:

“Ek het ’n Pretoriase uitsmyter R12 000 betaal om Deon ’n kniebesering te gee en hy het twee Nigeriërs na my verwys. Ek wou hê Deon moes nie weer rugby speel nie. Hy het mý drome, om eendag saam met Dave oud te word en met ons kleinkinders te speel, verwoes. Ek wou sy drome ook verwoes.

“Nadat ek alle kontak met die Nigeriërs verbreek het, het hulle vir Deon se ouers gesê ek wil hê hulle moet hom doodmaak, maar hulle sal dit nie doen as hulle R30 000 by hulle [sy ouers] kry nie.

Uiteindelik is hulle saam met Deon se oom na die polisie. Die polisie het vir my ’n geposeerde foto van ’n bebloede Deon, met wat vir my na ’n skouerwond gelyk het, ge-SMS. Ek het nie gedink Deon is dood nie en wou weet waar die kniebesering was.

“Omdat ek bang was die Nigeriërs doen my of my gesin leed aan of pers ons af, het ek gereël om die laaste R10 000 aan hulle te gee. Toe ek in hegtenis geneem is, was dit die grootste verligting. Ek het nie meer nodig gehad om my oor die Nigeriërs te bekommer nie.

“Ek was vier dae in die tronk, en het toe eers tot stilstand gekom. Wanneer ek nou na foto’s kyk, sien ek ’n stukkende vrou wat nie kon slaap nie, wat geen toekoms gehad het nie.”

Vir Manda Reyneke (48) van 
Pretoria is hierdie die harde werklikheid, dis haar verhaal en sy vertolk die hoofrol. Sy is ook die een wat seergekry het en wie se lewe dramaties deur haar en die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Deon Helberg se affair verander is. 

* Lees die volle onderhoud met Manda in die Oktober-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 17 September op die rakke).

EN

* Sy gesels openlik met Janie du Plessis op Wat Mense Sê met Janie op kykNET. As jy Dinsdag se episode gemis het, moet jy vandag (Vrydag 21 September) om 4 nm of Sondag 23 September om 2 nm op kykNET inskakel vir die heruitsendings.


  • Thea Willer

    Waar het jy gesien jy "flirt" met jou dogter se kêrel. Sy was siek!!!! en verdien alles wat haar toekom.

  • Netta

    Ek dink die tipe stories hoort in Huisgenoot.

  • MADELIZE-ANNE

    Ek verstaan PRESIES wat Manda deurgegaan het, want dit het met MY ook gebeur! Ek was 43 toe ek op my seun se beste vriend verlief geraak het. Drie jaar van absolute "bliss" (terwyl ek nog in my wankelrige huwelik was!)

    My man het baie rondgeloop en hy het my met tye geslaan. Ek en die jongman was ook baiekeer alleen by die huis wanneer hy vir my seun gewag het om huistoe te kom. Ek het ook na sy hartseerverhaal geluister van hoe sleg sy lewe was nadat sy ouers geskei is. Hy was 20 jaar oud……

    Soos wat Manda se: jy SIEN NIE die gevaar nie en voor jy jou kom kry, is jy doodverlief! Dit was vir my net so erg soos vir Manda toe hy my sommer net skielik los vir ‘n meisie van sy ouderdom. Dit was vir my ‘n verskriklike slag, want ek is ook toe geskei en het amper my kinders verloor. My oudste seun en dogter het my vergewe, maar alhoewel my ander kind my vergewe het, het hy baie letsels oorgehou en kan tot vandag toe nog nie vir my se hy is lief vir my nie. Hy’s ‘n baie stil, teruggetrokke kind.

    Ek het gelukkig nooit wraakgedagtes gehad nie, maar dit het my baie lank gevat om oor die pyn van die ervaring te kom. Vandag is ek ook ‘n eensame mens met geen vertroue in mans nie…….

    Dit was BESLIS NIE die moeite werd nie!!

  • Birdie

    ‘n Gevaarlike vrou, wat nou weereens te veel aandag kry deur die media. Sulke mense moet net alleen gelaat word. Dink bietjie, wie is tot so iets in staat? Ek, my ma, my suster? No way…

    "Ek wou hê Deon moes nie weer rugby speel nie. Hy het mý drome, om eendag saam met Dave oud te word en met ons kleinkinders te speel, verwoes. Ek wou sy drome ook verwoes."
    Dan speel sy nog die ‘victim’ ook…
    Nee wat Sarie dis ‘n siek vrou, los haar uit.

  • Naomi van der Merwe

    Ek voel jammer vir Manda,al het sy verkeerd gedoen,dit is soos sy se ,dit is ongelukkig altyd die vrou wat die slegte een is,nooit die man wat mooi soet woordtjies fluister nie,het ook na Janie se program gekyk,sy is verbitter,en ek neem haar nie kwalik,sy sal altyd die letsels dra van die verhouding!

  • Gloria

    Ek kan nie verstaan hoe sy hom kan blameer dat hy haar drome verwoes het nie. "It takes two to tango" – niemand het haar in ‘n affair ingedwing nie! Ek hoop sy sien ‘n sielkundige want sy het duidelik ‘n groot probleem.

  • Youlande Prinsloo

    Middag aan almal by Sarie

    i/s Artikel: Manda Reyneke

    Manda het al haar siek storie aan al wat ‘n tydskrif is vertel en dit ‘n darem nie die soort artikel (of persoon) wat by ‘n tydskrif soos Sarie pas nie.

    Groete
    Youlande

  • Petro

    Ek wonder wat het van my kommentaar geword . Ja en daar vergeet hulle van die ander party in die verhaal Dit is werklik siek en ek gril my dood SIES

  • Sarie

    Stem saam met Youlande Feite is feite en sy word nou beskou as die victim. Nee sy het geweet wat sy doen en glo my n jong man wat deur n ouer vrou misbruik is Herstel nooit ooit nie. Hy sukkel vir die res van sy lewe met verhoudings probleme

  • Leonie van der Vyver

    Ek verwys na die onderhoud tussen Janie en Manda Reynecke op KykNet. Dit is met verbasing dat mens opmerk dat Janie nie die gesprek met diepte en logika ontgin nie. Manda Reynecke verklaar op Nasionale TV dat die gebeure soos wat in die hof gereflekteer is, en waaraan sy skuldig bevind is, lynreg verskil met wat werklik gebeur het! Dit ten spyte van Manda Reynecke se erkentenis in die hof. Hoe gebeur dit dat hierdie verskil in feite wat duidelik roep na verdere ondersoek, nie deur Janie aan Manda Reynecke gestel is nie? Mens sou ook verwag dat Janie die die seksuele verhouding met Deon Helberg oor 22 maande, ook met diepte sou ondervra, gesien in die lig dat hy nog minderjarig was met aanvang van die verhouding. Dit sou dus sin maak om Deon Helberg en die betrokke staatsaanklaer ook te nooi vir ‘n onderhoud. Mens verwag dat Janie meer diepte vrae kan vra as: "En hoe het jy gevoel….?". (In elke onderhoud so ver, is dit blykbaar die enigste vraag wat sy het om te stel.)

  • alta

    Jy is reg Sarie Ek leef saam met n man wat deur n ouer vrou misbruik is. Sy is al jare oorlede maar haunt hom tot in sy slaap. Fam wat die verhouding geken het het gese dat sy duidelik hom vir haar eie lust gebruik het. Ek het met n kundige hieroor gesels en hy is beslis n kanidaat vir berading. Ons wat hom ken weet hy sal nie gaan nie. Daar is ook verskeie tekens dat die Jezebel Spirit hier betrokke is. Die boosheid is dormant of slaap en dan is daar insidente wat die boosheid aanroep. Ek het dit eers ontken maar het die tekens gevind.Dit het n geneigdheid om in vroue van geslag tot geslag oorgedra te word. Intussen is hier n mens wat gehaunt word. Hy verdien dit nie!, maar hoe meer ons bid om die boosheid re breek hoe meer kom dit tevoorskyn,

  • Liza

    Ouer vroue wat jong mans misbruik is harteloos en ja dit is boosheid. Weet ook van iemand wat so misbruik was. Woorde soos sy het alles vir:-)my gedoen is om van naar te word. Vroens gaan gwoonlik klubs toe en spin n web om die man wat weerloos in haar kloue raak Sy speel minares en ma gelyk en bederf die man om vir hom als te doen So slaan sy haar naels in hom vir die res van sy lewe.Ek dink die man waarvan jy praat Alta is skaam vir die feit dat hy n ou tannie se lover en speelding was. Daar is net nie n ander verklaring nie. Dit is n bose vrou wat so iets aan n man doen wat dalk haar seun kon gewees het,

  • Gerda

    Na ek die kommentare gelees het het ek n Spiritualis en n berader wat ek ken gekontak.Ek was verstom om te ho.or van die boosheid Dit kom glo meer en meer voor. Nou wonder ek Wat gaan aan met die wereld en wat doen die ou tannies met ons jong manne dat hulle altyd terug verlang na die ou tannie se speletjies. Ek sal graag wil hoor, Dit is blykbaar soos n verslawing en as die man geneigdheid het tot verslawing is hy meer vatbaar Die ou tannies soek glo ook swak mans uit om hulle fantasie op uit te woed.

  • leonie

    ek is jammer vir almal hierbo…mag julle nooit ‘n fout maak nie…gooi maar die klippe…