FOTO ter illustrasie
FOTO: Instagram  @drcezaraugustus

FOTO ter illustrasie FOTO: Instagram @drcezaraugustus

Hieroor praat mense

Mans en Botox – só voel SA mans

‘Spuit’ my mooier, asseblief!

Botox staan bó aan mans se wenslysie van nie-chirurgiese behandelings om hul voorkoms te verbeter. Meestal vir die voorkop, fronsplooie (tussen die oë) en om lagplooie te versag.

Sedert 2000 is daar ’n toename van 65% in die aantal mans wat kosmetiese prosedures sonder chirurgie laat doen.

Só sê dr. Riekie Smit, president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Estetiese en Teenverouderingsmedisyne. Sy meen mans verkies dit waarskynlik omdat dit nie pynlik is nie.

*Willem Minnaar, ’n tandarts van Pretoria, kry een keer per jaar botox onder sy oksels om minder te sweet. Dit maak die sweetkliere vir ’n lang tyd onaktief. So ’n botox-sessie kos sowat R5 000 tot R6 000. (Minnaar besit saam met drie ander dokters ’n spa waar hulle botox en ander kosmetiese behandelings doen.)

Kry jou man botox?

Kry jou man Botox-behandeling?

  • JA
  • NEE

Dié brokkie kom uit die Januarie-uitgawe van SARIE. Jy kan dié uitgawe met die artikel “Wat jy nie van mans geweet het nie” steeds digitaal aflaai en op jou rekenaar, tablet of slimfoon les.

Lees nou