matriekafskeidrok_fb
Hieroor praat mense

2012 se top-6 matriekrok-finaliste!

Die beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad, maar dié 6 rokke (in geen spesifieke volgorde) het ons harte gesteel:

Chante de Bruyn

Chanté de Bruyn

“Ek het ‘n rok gesoek wat iets nuut, besonders en interessant is.”

Dané Smit

Dané Smit

“Ek droom al lank van hoe my matriekafskeid-rok moes lyk en toe ek hierdie kant sien was ek dadelik verlief daarop. Die sonskyngeel rok is heeltemal ‘ek’ …”

Danelle Grobler

Danelle Grobler

“My inspirasie vir die rok was Giuliana Rancic by die (2012) Oscars. My headband en clutch het ek by ‘n vintage shop gekry.”

Maretha Brink

Maretha Brink

“‘n Rok van eenvoud maar stylvol was my droom vir my matriekafskeid en dit is presies wat ontwerper Kobus Dippenaar reggekry het. Die eindresultaat was dus ‘n rok waarin ek stylvol en elegant gevoel het.”

Marna Herbst

Marna Herbst

“My ma het die rok gemaak en dit maak hom nog meer spesiaal vir my. Die rok is gemaak om vir my en by my persoonlikheid te pas.”

Rachelle Nel

Rachelle Nel

“Ek wou graag soos die TV-sterre op die Red Carpet lyk – blink en onvergeetlik.”

  • Elsabe Brink

    Die geel rok verdien die prys, dit pas by haar sonnige geaardheid. Mens kan sien sy straal in daardie rok.

  • Melissa

    Verseker Dane Smit se geel rok!!

  • baie ongelukkig

    waarvoor moes mens dan stem as julle nie eens ten minste top 3 ook finaliste gemaak het nie??? Almal is opgesaal om te stem – vir wat!!?

  • Hester Blom

    Maretha Brink – ongelooflike mooi rok! Definitief stylvol en elegant.

  • Daleen de Bruyn

    Chante se rok kom eintlik nie heeltemal tot sy reg op ‘n foto. Dit het soveel lewe in hom wat speel soos sy beweeg het. Die rok het haar werklik soos ‘n handskoen gepas, perfek vir haar lyfie. Sy was regtig ook baie gemaklik daarin en kon dans en die aand geniet.

  • nelia lochner

    Sarie jy inspireer my. Maretha jou rok gaan miljoene inspireer. Sjoe dit is soos a gedig wat ontleet kan word. Dit spreek uit a rok wat van die loopplank in Milan kom maar tog is die kleure kinderlik mooi. Dit is iets bo besonders op al die jaarlikse rokke wat ons altyd sien. Ek glo met jou haarstyl en looks gaan jy beslis wen. Uitsonderlik. We’ll gedaan

  • Suzette

    Ek hou van rok nr 1 en nr 2, net jammer ek sou die geel met sagte ice pienk verruil het, die geel is vir my te erg, die ander rokke, nee dankie hou niks daarvan nie.

  • Pieter

    Die jong vrouens lyk pragtig – dis moeilik om te kies. Maretha se rok spreek regtig van elegansie en eenvoud! Regtig uitsonderlike rok en dit pas haar lys perfek! Beslis uitstaande en die kleur kombinasie van rooi, wit en swart ook natuurlik ‘n treffer!!!

  • Kitta Visser

    Maretha Brink se matriekafskeidrok is vir my beslis n wenrok.
    Die swart,wit en rooi kombinasie is pragtig,en baie stylvol,
    Die ontwerp van die rok is so elegant en vlei haar perfekte figuur.
    Ek hou baie van die lae rug.
    Ek kry die gevoel wanneer ek na haar kyk dat dit effens waaghalsig,
    is,maar geen grense oorskrei nie,n mens kyk en kyk en kyk weer.
    Maretha se eenvoudige,dog stylvolle hare pas vir my perfek by haar rok.
    Sy komplimenteer haar rok en voorkoms verder met haar die selfvertroue waarmee sy dit dra.

  • carine van zyl

    Maretha brink se elegante en stylvolle rok is tydloos en komplimenteer haar figuur baie goed

  • Jeanne Tallie

    Ek is liries oor Maretha Brink se rok.Ongelooflik stylvol en statig ;wat pas by haar voorkoms!Laat my dink aan n aktrise van Hollywood!

  • nicola

    Maretha Brink se rok is iets besonders en staan uit! Dit is so stylvol en ‘n definitiewe 1ste plek!!!

  • Susan du Randt

    Wat was die doel van die stemmery op Facebook daagliks vir die mooiste rok!!!
    Nie een wat die meeste stemme gekry het is finalis nie.SARIE dit was nog tydmors en onregverdig teenoor die wat werklik vir die publiek mooi rokke aangehad het.
    Dis nou regtig `n NEE NEE vir SARIE.
    Baie teleurgesteld en gaan definitief my subskribsie kanselleer!!

  • Hesta Brink

    Maretha Brink lyk soos ‘n Hollywood ster. Baie stylvol.

  • ESTELLE

    CHANTE DE BRUYN SE ROK STAAN UIT TUSSEN DIE ANDER

  • Arnold Stofberg

    Maretha Brink,

    Jou rok is presies wat jy wou, stylvol en elegant.
    Baie geluk Kobus Dippenaar. Dit is ‘n treffer

    Stoffies

  • Hanneli Maré

    Dané Smit se rok is iets heel anders as die normale neiging van wat ons elke jaar sien … ‘n geel matriekafskeidrok … met die bietjie kant … pas haar ongelooflik goed. Sy het ‘n regte fifties look … en sy lyk ongelooflik in die rok. Die skoene komplimenteer haar rok 100% … Haar rok is net so … stunning … Sy is ‘n pragtige jong dame.

  • Mariette Bruwer

    Maretha Brink – Stunning!

  • Maryke van SARIE

    @Susan, @baie ongelukkig

    Dankie vir julle kommentaar oor die matriekafskeidrok-wedstryd. Ons het dit in die wedstrydreëls en die kopie beskryf dat die stemproses op Facebook slegs die SARIE-paneel help om uiteindelik die finaliste en wenner te kies – die finale besluit lê altyd by die redakteur en haar paneel. Dit sou onregverdig wees om die wenner bloot op ‘n stemmery te kies aangesien dit diegene wat eers later in die inskryfmaand hul foto’s opgelaai het aansienlik minder tyd gee om stemme in te win. Aan die ander kant sou dit ook beteken dat dié wat ‘n groot groep Facebook-vriende het, as die wenner uit die stryd sou tree.

    Vir ons by SARIE is dit belangrik om die regte rok te laat wen eerder as iemand wat baie vriende op Facebook het – ons moes dus ‘n paneel betrek om te sorg dat die wedstryd dié doel bereik. Ons wou ook die sarie.com–gemeenskap betrokke kry om só opwinding te skep en die deelnemer die geleentheid gee om haar pragtige rok te ‘showcase’.

    Ek hoop julle sal verstaan hoekom die wedstryd só opgestel is.

  • Rina

    Maretha se rok is mooi maar vir die "red carpet", die rok is hopeloos te laag gesny op die rug vir ‘n matriekafskeid! aan die anderkant is Chante de Bruyn se rok pragtig verby en heel gepas vir die matriekafskeid! Van ons jongdames vergeet dat hulle op daardie wonderlike aan, nog ‘n skoolkind is

  • Charlene de Bruyn

    Maretha se rok is stylvol en ‘n perfekte voorbeeld van elangansie. Dit is beslis ‘n wenner, niks is oordoen nie en ook ‘n rok wat haar pragtige lyf beklemtoon. Die kleurkombinasie is ook baie uitsonderlik en beslis iets anders as die normal matriekafskeid rokke! Verdien beslis ‘n wen posisie!!!

  • Heleen Visagie

    Wat ‘n pragtige kombinasie die wit, swart en rooi! Pragtige styl en smaakvol. Ek sou beslis Maretha Brink as wenner kan identifiseer!

  • Maggie Strumpher

    Maretha Brink se rok staan beslis uit!

  • Karlien Steenkamp

    Dankie Sarie dat jy vir ons altyd op hoogte hou van dit wat mooi is! So lekker om sulke klomp mooi jong vrouens te sien! Almal is pragtige, maar ek sou vir Maretha Brink as wenner aantoon want haar rok en voorkoms is werklik toonbeeld van styl en elangansie!

  • Aneli van der Merwe

    Chanté se rok is ongelooflik mooi en pas perfek by haar lyf. Dit toon ook die glans wat by so ‘n aand pas. Gemaklik en stylvol en verseker iets anders as die normale.

  • Marda

    Maretha Brink se rok staan uit, sy lyk gemaklik, dit beklemtoon haar bates perfek en die kleurkombinasie is uitsonderlik!

  • Jessica

    Maretha Brink – Ongelooflik HIP, en so anders as die "normale" matriekafskeid rok!! Hou duime vas dat jy wen!!

  • AnthonyB

    Stunningly different and so Elegant Maretha Brink!

  • Este

    Sonder twyfel Dane Smit se rok! Dis ongelooflik! Die kleur is so treffend en vrolik. Dit pas by haar ouderdom, figuur en borrelende voorkoms. Nie almal kan geel dra nie, maar die pas pragtig by haar!! Dis n elegante, romantiese rok! ABSOLUUT PRAGTIG!!!

  • Mathilda van Lill

    Dane Smit jy het ‘n besonderse keuse gemaak en dit het jou so gemaklik, elegant en vrolik laat lyk.

  • Coco Labarr

    Ek sien beslis Maretha Brink se rok as ‘n wenner, dit is regtig uitsonderlik en pragtig. Wanneer jy na haar kyk dan sien jy stylvolle eenvoud. Jou eerste indruk is dat sy pragtig lyk, daarna vang jou oog die rok en volgens my is dit wat elke persoon graag wil regkry – nie dat almal gaande gaan oor haar rok nie, maar dat iemand ‘n opmerking maak van "Jy lyk fantasties" dit is vir my ‘n bewys dat die rok die persoon komplimenteer. Regtig ‘n besondere ontwerp en pragtige kleur kombinasie.

  • rona

    chante de bruyn – stunning

  • Corien

    Dit is jammer dat sommige persone van die meisies se rokke verkleineer – kom ons almal lewer positiewe kommentaar oor die rokke wat ons van hou en lewer nie afbrekende kommentaar van die waarvan ons nie hou nie. Glo my elkeen het besonders gelyk!

  • MARIE

    CHANTE DE BRUYN – WOW PRAGTIGE ROK EN JONGDAME

  • Doreen Smal

    ‘n Ongelooflike mooi rok vir ‘n ongelooflike mooi meisie.Maretha jy moet wen!!!!

  • Elaine Barnard

    Ek is dol oor Danelle se pragtige rok ,dis werklik iets anders. Sy lyk stunning.

  • santie

    chante de bruyn lyk soos ‘n droom in ‘n droomrok

  • Tanya

    Maretha Brink..defnitief iets besonders, asemrowend! Baie stylvol!

  • Suzanne Trautmann

    MARETHA BRINK se rok is ongelooflik, die rok pas so goed by haar figuur en die haarstyl en grimmering is amzing, maar meeste van als… sy dra die rok, nie die rok dra haar nie! En dis hoekom sy so stunning lyk!

    Go MARETHA BRINK

  • Pauline Botha

    MARETHA BRINK lyk soos n film ster, baie elegant en "sleek"

  • Leona

    Maretha se rok staan verseker uit en verdien om te wen!!!!

  • Cheryl

    Maretha se rok is iets besonders en sy lyk beeldskoon, baie elegant en stylvol!!!!

  • alriette fourie

    Maretha se rok is stunning ek love dit, so stylvol en oorspronklik ! Dis def die wen rok!!

  • Liandra Greyson

    Maretha Brink se rok is STUNNING, net soos die girl!!

  • Liada Crause

    What a stunning gown Maretha Brink. This dress truely is breathtaking.

  • Janco Dreyer

    Daar is nie eers ‘n twyfel nie.Maretha se rook is die mooiste,Hoop jy wen!

  • Alretha vd Westhuizen

    Maretha Brink se rok vang die oog met sy klassieke eenvoud en treffende kleurkombinasie.Pragtige rok vir n pragtige meisie.

  • Leilani Gundry

    Maretha Brink se rok is vir my die mooiste!

  • Kina Pauer

    Mooi rok, Maretha Brink!!!

  • Letha

    Maretha lyk beeldskoon

  • Sally

    Maretha Brink jou rok is ongelooflik mooi! Jy het stunning gelyk en def n WENNER!!!!

  • Jonny

    Maretha jy het pragtig gelyk! Jou rok was baie mooi!

  • Lanie Badenhorst

    Maretha Brink – ongelooflike mooi rok! Definitief stylvol en elegant. Absoluut Stunning.

  • Cat

    Die rokke is almal vir my doodnormaal en nie beter of slegter as die ander nie. Ek dink nie die foto’s beeld almal se rokke ew goed uit nie,mens kan skaars sommige se hele rok sien. Wat ek wel sien is dat Rachelle Nel se materiaal presies dieselfde as laasjaar se wenners’n is. Ook is die eerste rok en laaste rok in dieselfde styl. Die beoordeelaars het defintief ‘n seker styl in gedagte as wenner vir die jaar, of wys hulle voorkeur op materiaal.

  • Margarete Van Rooyen

    As ek moet kyk na waaroor hierdie kompetisie gaan is dit tog die mooiste rok vir n Matriekmeisie!Maretha Brink se rok is alles en meer!Die rok pas by n matriekmeisie!Die rok is stylvol en ellegant sonder enige fieterjasies!Sy lyk soos n HOLLYWOOD STER!Deffinitief die wenrok!!!!!!!!!!!

  • Nita Kotze

    Maretha Brink. Elegant en stylvol…eenvoudig dog uiters smaakvol.

  • Soekie van der Walt

    Sjoe Maretha Brink se rok is sommer asemrowend mooi. Ek glo aan daardie een gesegde: Less is more! Die rok het sulke mooi lyne en is regtig `n rok vir `n prinses! Maretha ek dink jou rok staan uit en pas die hele prentjie soos `n handskoen! Ek kan sien jou droom as matriekmeisie het waar geword!!! Geluk!

  • Elsabe

    Maretha se rok is uniek, iets anders as die gewone.

  • Mollie de Villiers

    Maretha Brink jy lyk stunnig. Hou duim vas vir jou.

  • Salon Trendsetters

    EEN STUNNING ROK.die kleure tot die pas van die rok is perfek..so uniek maar tog so stylvol,elegant,sexy,pragtig..alles in een pakkie.Jys duidelik die wenner Maretha Brink!!!!

  • Charlene

    Maretha Brink – elegant, stylvol & unieke rok. Maretha jy lyk al te pragtig. Sterkte !!!

  • Irma

    Maretha Jou rok ongelooflik stylvol en elegant,anders as die gewone,defnitief n rooitapyt rok.Pragtig!!

  • Henriette de Villiers

    Dane Smit, se rok is iets besonders en anders! Definitief my keuse!

  • Elmien

    Maretha Brink lyk pragtig! Vleiend , stylvol en uniek! Trots om in so mooi familie in te trou*

  • Innake Prins

    defnitief dane, love die rok

  • alba

    die geel rok!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • EBrits

    Dane het die hele pakkie…haarstyl, grimering, skoene en juweliersware gekombineer met haar pragtige gelaatstrekke maak haar die besliste wenner! ‘n Unieke matriekafskeidsrok…lig, vrolik, vry, dog besonders en gepas vir ‘n matriekafskeid!