shattered_lives
Hieroor praat mense

Mede-skrywer van Adv. Barbie-boek: Was sy die slagoffer?

“Iemand wat die boek gelees het, het gesê hy kan nie agterkom of ek vir haar of teen haar is nie. Ek voel jammer vir Cézanne, maar ek verpes haar ook. Sy het nog nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Elke keer as daar vir haar iets gesê word, dan is dit: ‘Ja, maar Dirk . . .’ Sy deflekteer alle skuld van haar af. Sy is ’n dependent personality (ek weet nie of sy amptelik só gediagnoseer is nie). ’n Klasmaat van haar het my vertel as sy by hulle was, praat sy soos hulle. As sy by my is, praat sy soos ek.

Wanneer sy by Dirk was, het sy sy persoonlikheid aangeneem.

“Sy is vir seker intelligent. Jy behaal nie jou grade cum laude sonder intelligensie nie. Maar emosionele intelligensie is daar baie min van.

“Ek het verskriklike sappige stories gehoor, maar geweier om dit in die boek te sit. Ek doen nie skinder nie. Ons span regsgeleerdes het die boek met ’n fyn kam deurgegaan vir laster. Ek verwag dat Dirk ons gaan dagvaar – dis in sy natuur. Maar ons gaan hom nie enige skietgoed gee nie, en vir Cézanne nog minder.”

* Laurie Pieteres, mede-skrywer en staatsgetuie in die verhoor het intussen ‘n kriminoloog geword. Sy vertel: “Terwyl ek na die foto gekyk het, het dit my getref dat hy Cézanne se voorkoms skep, net soos hy Elsie (Dirk se eerste vrou) s’n geskep het. Dirk Prinsloo het vir homself ’n lewendige weergawe van sy fantasievrou gemaak – eers gegrond op Faith Hill en nou op Barbie. Hy was besig om sy seksuele fantasieë deur hierdie vroue uit te leef en hulle was niks anders nie as seksobjekte wat hy vir sy eie genot geskep het. Hy was beslis die vreemdste man wat ek nóg teëgekom het.”

* Lees die volledige en eksklusiewe uittreksel in die November-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 17 Oktober 2011, te koop.

* Shattered Lives, TCB Publishing, R200. Die boek verskyn binnekort ook in Afrikaans.

  • Olliemor

    Hou van die voorblad van die boek. Sou net soveel beter gewees het as daar, ipv die middelpunt van die kraak, eerder ‘n loodpil was.

  • ansie

    Hierdie twee "slim" anties wil net geld maak. Kan julle nie ophou om sulke vieslike goed oor die vrou te se nie. Ek mors nie my geld op nog n boek nie .Ek het die ma en stiefpa se boeke gelees en dit was die moeite werd. Hierdie is net n geldmaak storie.

  • Annering

    Barbie sit in die tronk. Sy boet vir haar dade en ek dink die joernalis Tom en die ander vrou behoort hulle te skaam om haar te stenig. My vraag is waarom skop julle n hond wat reeds le ? Olliemor maak jy jou skuldig aan moord?. A nee a man jy is walglik.

  • Annie

    Daar sal atyd twee kampe wees wat Barbie en Cezanne betref. Barbie is Dirk Prinsloo se skepping, Cezanne is n doodgewone mens. Indien jy jou dus verlustig in die tipe karakter : Barbie sal jy beslis nie die Cezanne karakter aanvaarbaar vind nie. Ek persoonlik glo die Barbie karater was n tydelike maaksel van Dirk. Hy moet n aller grote manipuleerder wees om mense so te kan mismaak. Dank Vader die Cezanne karakter kon met die hulp van haar ma uit die man se hande los kom. Dit is die ware persoon wat voorbeeldig en n pragtige persoonlikheid het. Kom ons los die mense uit. Ek gee haar n tweede kans en sy verdien dit. Sy is gebrandmerk vir die res van haar lewe en reg en geregtigheid het geskied.

  • Jan

    Vreemd dat SARIE "Shattered Lives"die Ädvokaat Brabie"boek noem.
    ADVOKAAT BARBIE- wat regtig gebeur het is as dokumentere biografie deur Dr Johann Lemmer geskryf en slaan Liesl Thom en Pieters se wolhaarstories die nek in.Snaaks SARIE het nog nie ‘n woord oor die boek geskryf nie?