mood woorde
Hieroor praat mense

Mense wat vloek se woordeskat is groter – studie

Mense wat vloek se woordeskat is moontlik groter, het ’n nuwe studie in die joernaal Language Sciences bevind.

Die studie vind hoe groter jou taboe-leksikon, hoe gesonder kan jou verbale vermoë wees.

Dit beteken volgens die navorsers dat, anders as wat ons voorheen gedink het, mense nie vloek omdat hulle nie oor ander woorde beskik om hulself uit te druk nie. Hulle vloek omdat dit is hoe hulle hulself wíl uitdruk.

Maar …

Volgens die Huffington Post is daar ook ’n negatiewe invloed van mense wat vloek. Baie vloekwoorde is afbrekend teenoor vroue.

Hoe het hulle dit getoets?

Die studie is net onder ’n klein groepie Amerikaanse universiteitstudente gedoen. Elk van die 43 studente (tussen 18 – 22 jaar) is gevra om soveel moontlik vloekwoorde in ’n minuut te noem. Daarna is hulle gevra om soveel moontlik diere op te noem in ‘n minuut.

Die studente wat meer diere kon opnoem, kon ook meer vloekwoorde opnoem. Volgens die navorsers wys dit dat mense wat ‘n groot woordeskat het, se woordeskat oor die algemeen groot is – en dit sluit vloekwoorde in.

Ons stel voor jy koop eerder die Januarie-uitgawe van SARIE en voltooi die blokraaisel om jou woordeskat uit te brei!

Lees nou