moedersdag

FOTO: Bernard Brand

Hieroor praat mense

Moedersdag in Gauteng: Doen dié dinge saam met jou ma!

Daar is baie om hierdie naweek in Gauteng te doen én dis boonop Moedersdag. Dit klink vir ons na ’n uitstekende rede om gebruik te maak van spesiale aanbiedinge en uitstappies wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie.

Gaan deur ons lysie van doendinge vir Moedersdag. Ek is seker daar is iets vir jou en jou ma!

Neem die stoomtrein na Cullinan
Daar is iets magies aan stoomtreine. Vat jou ma op een van hierdie ritte na Cullinan en bespreek vir julle ’n tafel by een van die koffiewinkels of restaurante naby die stasie. Julle kan ook piekniek hou of braai by die park daar naby.

Koste: R250 vir volwassenes, pensioenarisse R200. Die koste vir kinders is vanaf R0 -R175.

 

moedersdag

FOTO: Instagram (@admiringsa)

 

’n Aand by die teater
Charl du Plessis se KKNK-vertoning Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band (wat vir ’n Kanna as beste musiekproduksie benoem is) kom vir 7 en 8 Mei na die Atterbury-teater in Pretoria. Dit is sy grootste vertoning nóg en werklik iets wat jy saam met jou ma kan geniet. Jy kan jou kaartjies op Computicket koop!

Koste: R130 – R210

moedersdag

 

Gaan kyk ’n fliek saam met jou ma
Hierdie naweek begin Mother’s Day draai. ’n Goedvoel-fliek met bekendes soos Kate Hudson, Jennifer Aniston en Julia Roberts vertel die storie van ma-wees en die verhoudings wat daarmee gepaardgaan. Bespreek sommer nou jou kaartjies!

Koste: Vanaf R65 per persoon

 

Gaan Walter Sisulu Botaniese Tuin toe vir ’n musiekkonsert
Ghoema-wenner Joe Foster en Zandre Delport tree die naweek op by die Walter Sisulu Botaniese Tuin. Jy kan kaartjies op Webtickets koop.

Koste: R70 vir volwassenes en R50 vir pensioenarisse en studente

moedersdag

 

Besoek die wynlandgoed in Gauteng
Ja, jy het reg gelees, Kievitskroon staan bekend as Gauteng se eie wynplaas. Hoewel daar nie op die plaas wyn gemaak word nie, het Kievitskroon ’n hegte band met die Kaap en verkoop hul eie grand rouge en sauvignon blanc. Jy en jou ma kan ’n heerlike buffet-ete geniet, asook ’n glasie Cap Classique.

Koste: R325 per persoon

moedersdag

FOTO: Instagram (@kievitskroon)

Lees ook