FOTO: Twitter

Hieroor praat mense

Moederstad een van wêreld se gunsteling-stede

Kaapstad is onlangs deur Telegraph-lesers as die top-vakansieplek in die wêreld aangewys. En dis met goeie rede…

Die Moederstad is sekerlik een van die mooiste stede in ons land, maar toeriste glo dis maklik een van die mooiste én veelsydigste stede ter wêreld – daar is dan soveel om te sien en te doen. Dit is tog net in dié stad waar jy kan branderplankry in die Atlantiese oseaan, kan bergklim, uiteet in 5-ster restaurante, in historiese én moderne akkommodasie kan oornag, alle tipe wyn kan geniet én nog kans kry om op die strand te gaan ontspan (met óf sonder pikkewyne!).

Kaapstad het bo-aan dié lys geland en met stede soos Venisië, New York, Rio en Barcelona meegeding.

Kyk hier na die Telegraph-lesers se ander gunsteling-stede

Wat is jou gunsteling-vakansieplek en waarom? Vertel ons! Stuur jou antwoord aan lucelle.hough@sarie.com