mono80-01_zpsmqmr2zdf
Hieroor praat mense

Monopoly vier 80 jaar en Kaapstad kry sy eie bord

Baie huise het ’n laai vol bordspeletjies, en in die meeste van dié laaie sal jy die smal, plat Monopoly-boks met sy rooi en wit strepe vind. 

Monopoly word al 80 jaar deur gesinne en vriende gespeel wat vir ure (en soms dae lank) om dié bord sit. Die koop en verkoop van eiendom sorg vir hope plesier, maar ook vir groot argumente of kinders wat sommer die hele bord met een hou omstamp.

Om die 80ste bestaansjaar van Monopoly te vier word daar spesiale borde vir spesifieke wêreldstede ontwerp. Kaapstad is aangewys as een van dié stede en inwoners word aangemoedig om hul gunsteling-plekke te nomineer vir ’n spasie op die nuwe bord.

Jy kan tot 26 Junie jou voorstelle en idees na CapeTown@winningmoves.co.uk stuur.

Monopoly is sedert 1935 deur meer as 500 miljoen mense, in 111 lande en in 43 tale gespeel.

Watter plek in Kaapstad dink jý verdien ’n plek op dié bord?

Lees ook