FOTO BBC

Hieroor praat mense

Mr. Darcy, is dit jy?!

Colin Firth met sy donker oë en krulle en kraakwit hemp. Dís die prentjie wat by ons opkom as ons aan die Pride and Prejudice-karakter Mr. Darcy dink. 

Maar indien Mr. Darcy regtig gelewe het, sou hy heeltemal anders gelyk het, berig The New York Times. ’n Studie wat deur die University College London onderneem is, het ’n reeks illustrasies vrygestel oor hoe mans regtig in die 1800’s sou gelyk het. Insluitend Mr. Darcy.

Die span het ’n maand lank ondersoek ingestel na watter gelaatstrekke tussen 1714 en 1830 as aantreklik by ’n man beskou is. In werklikheid sou Mr. Darcy ’n ovaalvormige gesig met ’n spits ken en lang neus gehad het. Vergeet ook van sy donker hare. Aikôna, Mr. Darcy sou ’n vaalwit haredos gehad het. Hy sou ook ietwat ondervoed gewees het en daarom hangskouers gehad het. In daardie era is ’n bleek en ovaalvormige gesig as adellik beskou.

Kyk net die verskil:

Mr Darcy Toe en Nou FOTO Universiteit van College London

Kyk die video oor die regte Mr. Darcy hier:

Skok hierdie prentjie jou? Toemaar, hier is die bekende meer-toneel uit die BBC-reeks Pride and Prejudice.


Vir die volledige studie, klik hier.

Lees nou

Bekende dra dieselfde rok 13 jaar later

’n Tweeling vir George en Amal

Angelique Gerber se geheim