FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Afbeen-avonturier Lewis Pugh Rusland toe

Hy moes vir 6 weke in die bed bly. Maar Lewis Pugh, die ysman-avonturier, het eerder besluit om Rusland toe te gaan. 

Op 20 Mei moes hy ’n noodoperasie ondergaan nadat hy alle gevoel in sy regterbeen verloor het. ’n Rugwerwel het geskuif en ’n stukkie daarvan is verwyder. Dié langafstandswemmer en VN-beskermheer van oseane is verlede week uit die hospitaal ontslaan, maar die herstelproses sal tussen 9-12 maande duur.

Vandag is Wêreld-Oseanedag. Teen 2050 sal daar glo meer plastiek as visse in die see wees, berig Al Jazeera.

Lewis het op sy Facebook-blad geskryf dat hy besluit het om Rusland toe te vlieg vir ’n byeenkoms om verskillende lande te oorreed om Antarktika se Ross-see as ’n mariene beskermingsgebied te verklaar. Lewis wíl daar wees.

“Dis sal nie gemaklik wees nie, maar om moed te hê is nooit maklik nie,” het Lewis op Facebook geskryf.

Hy sal ná die geleentheid terugkeer Suid-Afrika toe om vir 6 weke te rus.

Ander avonturiers

Mike Horn In 2002 het Mike die Arktos-ekspedisie in die Noordpoolsirkel sonder gemotoriseerde vervoer of honde onderneem. Ná 22 000 km en 27 maande het hy die einde in Noordkaap, Noorweë, saam met sy gesin gevier.

A man should learn to sail in all winds. #Pole2Pole #MB #Panerai #Pangaea

A photo posted by Mike Horn (@mikehornexplorer) on

Some of the greatest minds on earth live in deep waters. #MikeHorn #Pole2Pole #Pangaea #MB #Panerai

A photo posted by Mike Horn (@mikehornexplorer) on

Riaan Manser

Vanjaar het Riaan sy grootste avontuur nog aangepak toe hy en sy verloofde, Vasti Geldenhuys, trou. In 2014 het hy en Vasti vir vier en ’n half maande 10 765 km van Noord-Afrika na Amerika geroei. En nou gaan hulle ’n unieke wittebrood hou: hulle gaan van Kalifornië na Hawaii roei! Die paartjie kan op sosiale media gevolg word.

Riaan Manser On honeymoon Twitter

FOTO: Twitter / @goberholzer

FOTO Twitter / @goberholzer

 

Lees nou

Charlize Theron – vinnig en vreesloos

Facebook se Mark het in die strik getrap – en jy?

Elon Musk: 5 dinge wat jy móét weet