unilever
Hieroor praat mense

’n Beter toekoms is moontlik vir almal

Unilever se brightFuture-veldtog stel merkwaardige jong mense bekend wat hul deel doen om ’n beter toekoms vir Suid-Afrika te bewerkstellig.

“Daar was nog nooit ’n beter geleentheid as juis nou om die planeet vir toekomstige generasies te beskerm nie.”

– Paul Polman, internasionale hoof van Unilever.

Met hierdie woorde in gedagte is die Unilever brightFuture-veldtog op 1 Junie 2015 in Suid-Afrika van stapel gestuur. Die wêreldwye veldtog is ’n bewys van die maatskappy se verbintenis om ’n beter toekoms vir almal te skep. Unilever brightFuture is ’n platform om die pogings saam te snoer en uit te bou van ’n groeiende gemeenskap wat glo dit is moontlik om ’n wêreld te skep waar almal goed en volhoubaar kan leef. Die veldtog bring mense bymekaar wat ander inspireer om saam te span en dit hul lewenswyse te maak en wat besef ons kan net werklik ’n verskil maak as ons almal saamwerk om elke dag iets kleins te doen.

bright_future_press_releaseR

Dit het begin met die rolprent The Way Kids See It, wat kinders van oor die wêreld, ook Suid-Afrika, se idees vasvang vir die bou van ’n beter toekoms. Unilever het ouers uitgedaag om Suid-Afrika te inspireer met hul kinders se uitvindsels en idees om die wêreld mee te verander deur 5 beurse van R10 000 elk vir die beste idees te gee.

Thato se rugsakke

Thato Kgatlhanye is só ’n inspirerende jong vrou. Sy is die stigter en hoof van Rethaka – ’n maatskaplikebewustheidsmaatskappy. Die maatskappy se eerste produk is die Repurpose-skoolsak.

“Die idee vir die skoolsak het ontstaan toe ek aan sommige leerders se probleme gedink het: geen waardigheid nie, geen basiese skoolbenodigdhede nie en geen lig om saans by te studeer nie,” sê Thato.

20141002_105738

“Elke skoolsak word van 20 herwonne plastieksakke gemaak en gebruik sonkragtegnologie vir ‘n lig sodat die leerder vir tot 12 uur kan studeer. Dit het ook reflektiewe materiaal wat die leerders meer sigbaar en veiliger maak terwyl hulle skool toe stap. Met dié produk bied ons waardigheid, veiligheid en lig.”

unilever

Haar onderneming het internasionale aandag getrek en vir haar toekennings besorg, maar Thato fokus daarop om ’n verskil te maak en by te dra tot ontwikkeling in haar gemeenskap. Rethaka het sy fabriek in Rustenburg gebou en het 17 voltydse werknemers. Thato wil vanjaar 10 000 sakke vervaardig, haar personeel tot 20 uitbrei, die produkte wat aangebied word uitbrei en ’n nuwe luukse handelsmerk van stapel stuur vir ’n groter mark.

unilever

Neem deel

As Thato se storie jou inspireer, kan jy ’n verskil maak deur na die Unilever brightFuture webtuiste te gaan. Neem deel deur artikels en video’s wat jou inspireer te deel en wys jou ondersteuning deur op “I’m in” te klik. Unilever wil alle Suid-Afrikaners die kans gee om ambassadeurs vir verandering te wees en hulle ’n beter toekoms vir die land te help skep. Klein pogings kan ’n groot impak hê.

Word betrokke by Unilever se veldtog HIER