Hieroor praat mense

’n Geskenk wat bly gee

Sedert die eerste penne in die 1800’s keurig uit metaal gesmee is tot die hedendaagse moderne penne, bly ’n goeie pen ’n eenvoudige maar slim geskenkidee. Of dit aan ’n nuut gegradueerde, vir ’n spesiale herdenking, verjaardag of aan ’n spesiale kliënt gegee word om dankie te sê, ’n pen bly ’n besonderse geskenk omdat dit soveel meer as ’n stylvolle bykomstigheid is.

Parker Pen Promosie

’n Pen van goeie gehalte is nie net prakties nie, maar open ook die wonders van skryf vir die ontvanger. Die regte pen omtower gewone doenlysies in kunswerke, geskrewe take in ’n vakmanskap en joernaal-inskrywings in iets magies. Boonop deurstaan ’n goeie pen die toets van die tyd en kan dit ’n kleinood word wat van geslag na geslag oorgedra word.

sonnet_collection_mood_pen_pattern

Wat maak van ’n goeie pen ’n perfekte geskenk?

Indien jy wonder wat om vir iemand te gee wat lyk asof hy reeds alles het (of byna alles, in elk geval!), is ’n pragtige Parker-pen dalk net die regte geskenk. Hier is ’n paar redes waarom ’n goeie pen so ’n ideale keuse is.

Dit ontsluit kreatiwiteit. ’n Pen en notaboek het die krag om gedagtes in woorde om te sit, en woorde in kuns. Of jy nou skryf, prentjies teken of ’n paar los gedagtes neerpen, min gereedskap het dieselfde vermoë om kreatiwiteit te ontsluit soos ’n goeie pen. Of jy nou vir ’n spesiale persoon in jou lewe ’n balpuntpen met ’n sagte, vloeiende punt gee vir alledaagse gebruik, en of jy graag vir ’n aspirerende woordsmid ’n topgehalte-pen soos die Parker Premier wil gee, kan jy weet dis één geskenk wat vreugde gaan verskaf elke keer dat dit gebruik word.

Groter doeltreffendheid. Indien die mens vir wie jy die pen gee eerder die praktiese tipe as ’n kreatiewe skrywer, het ’n goeie pen die potensiaal om die lewe op ’n dag-tot-dag-basis te verbeter. Omdat jy minder las het van kladmerke, ’n pen wat nie glad beweeg nie, die oneweredige verspreiding van ink en swak vakmanskap, word die maak van notas, inskrywings in dagboeke en die ondertekening van dokumente soveel makliker. Die rolpunt-reeks van Parker sluit in ’n verskeidenheid style, met ’n keuse van ’n gewone en fyn punt, die kenmerkende Parker-ontwerp asook die inkpatroon om te verseker dat jy dit vir ewig kan gebruik.

Groter en beter idees. In ons era van voortdurende kommunikasie, sosiale media en konstante vloei van idees is die pen ’n logiese keuse vir groot denkers. Of jy inskrywings in jou dagboek doen, notas maak of strategiese beplanning doen, ’n pen help jou om tred te hou met elke gedagte en idee wat by jou opkom. Saam met ’n duursame notaboek het jy die perfekte geskenk vir studente, entrepreneurs, dromers en enigiemand anders met ’n aktiewe brein. Parker se 5de-generasie-reeks met sy pragstyle en jongste tegnologie is perfek vir idees neerpen.

Met ’n 125 jaar lange geskiedenis van uitsonderlike gehalte verskaf Parker steeds al die gereedskap wat jy benodig om die boonste sport te bereik. Besoek www.facebook.com/parkerpensa of www.parkerpen.com vir huidige reekse en geskenkidees.

Blaai deur die galery