barbie sports illustrated 3
Hieroor praat mense

Dít is hoe ’n “normale” Barbie sal lyk

 

Mense is lank reeds ontevrede met Barbie se onrealistiese liggaamsproporsies en meen dit gee jong meisies die verkeerde indruk van die vroulike figuur. Maar dié  Amerikaanse kunstenaar wil nou ’n “normale” Barbie op die rak sien, berig Redbook.

Nickolay Lamm van Pittsburgh, Pennsilvanië in Amerika het onlangs besluit dat hy genoeg gehad het van die onrealistiese proporsies van Barbie se klein middel, groot borste, lang nek en voete wat gevorm is om in hoëhakskoene te pas.

Barbie, soos wat ons haar ken (links) en Lammily (regs)  FOTO: www.lammily.com

Barbie, soos wat ons haar ken (links), en Lammily (regs) FOTO: www.lammily.com

Barbie is op die voorblad van Sports Illustrated – sien waarom

Toe skep hy ’n ‘normale’ Barbie – ’n nuwe pop waarvan die liggaamsproporsies gebaseer is op dié van ’n gemiddelde 19-jarige Amerikaanse meisie. Die mates is verkry uit navorsing wat deur die Centre of Disease Control (CDC) gedoen is.

Nickolay se pop, wat hy Lammily noem, was eers net digitaal. Hy het soveel  ondersteuning gekry dat hy nou befondsing soek om Lammily op die winkelrak te sit.

Hy hoop dat Lammily, wat min grimering en eenvoudige klere dra, ’n gesonde leefstyl en meer realistiese standaarde van skoonheid sal bevorder.

Hier praat Nickolay oor waarom hy dié projek aangepak het. Hy reken ook “normaal” of “gemiddeld” is mooi.

BRON: Redbook

WAT DINK JY? IS JY TEN GUNSTE VAN ’N NORMALE BARBIE OF NIE? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!