FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

’n Glasie wyn – ’n langer huwelik?

43 jaar saam – en heelparty glasies wyn vir haar en brandewyn-en-water vir hom is deel van die “gom’’ wat die sangeres Rina Hugo en haar musikant-man, Johan van Rensburg, bind.

“Dis natuurlik nie ál nieons het gedeelde belangstellings en gee mekaar spasie, maar ons ontspan ook graag saans by die kroeg en gesels heerlik oor die kinders, ons drome, die dag se dinge waarby mens nooit uitkom nie …’’ vertel Rina. Dis ’n lekker tyd vir bonding.

Volgens navorsing deur die Health and Retirement Survey in Amerika, wat op 4 864 pare bó 50 gedoen is, is bevind as albei maats drink (of as albei glad nie drink nie), is die kans op ’n gelukkiger huwelik groter, berig Mashable. Dié pare waarop navorsing gedoen is, was gemiddeld sowat 33 jaar en langer getroud.

Veral vroue word beïnvloed as hul maats ander drinkgewoontes as hulle het. Dit is nog nie seker presies hóékom pare se drinkgewoontes ’n uitwerking op hul huwelik se sukses het nie.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Dr. Kira Birditt, wat by die studie betrokke was, meen dit kan wees omdat pare wat saam drink meer dinge saam doen wanneer hulle ontspanne is en dan meer gehaltetyd in hul huwelike geniet.

Marlize Heppell, ’n kliniese sielkundige van Klerksdorp, reken drank haal die edge weg en is vir seker ’n gedeelde belangstelling vir egpare.

“Dit breek ook skanse af en inhibisies verdwyn. Mense kommunikeer vrylik. Wanneer een van die huweliksmaats drink en die ander een nie, is hulle nooit eintlik op dieselfde golflengte nie en dit kan soms kommunikasie bemoeilik.”

Die aktrise Leandie Du Randt Bosch sê kommunikasie en liefde, nie wyn of bier nie, is die grondslag van haar en die filmmaker Bouwer Bosch se huwelik. “Bouwer drink af en toe ’n jenewer en Dry Lemon of Brutal Fruit, maar dan raak hy aan die slaap. Ek hou nogal van my wyntjie af en toe.’’

Working with my husband @bouwerbosch tonight yeah!!! #MnrMejRustie #MC #Judge

A photo posted by Leandie du Randt Bosch(@leandiedurandt) on

#tbt to our honeymoonwhen I was a mermaid for a weekand my husband brought me safely to shore@bouwerbosch #grateful A photo posted by Leandie du Randt Bosch(@leandiedurandt) on

Marieta de Villiers, programbestuurder by Rustenburg Addiction Care by Stellenbosch, reken dit is oukei as ’n paartjie bietjie alkohol gebruik vir die “regte” redes, soos om  af te skakel ná ’n stresvolle dag.

“Maar as hulle naderhand nét oor moeilike onderwerpe kan gesels wanneer hulle met alkohol ontsnap, wys dit daar is iets anders fout in die verhouding. Óf as die saamdrinkery naderhand tot rusies lei en dit veroorsaak die teenoorgestelde uitwerking as wat aanvanklik beoog is, dan moet die gevaarligte aangaan,’’ maan sy.

Lees nou

Generasie Y: minder seks oor Facebook?

Moenie dat geldsake jou verhouding bederf nie