Kokkedoor_logo
Hieroor praat mense

’n Kokkedoor in jou eie kombuis! Kry die nuwe app só

Jy kan nou ook ’n Kokkedoor wees. Die gewilde kykNET-kosprogram Kokkedoor spog met sy eie app.

Nou kan jy al jou gunstelingresepte met die grootste Afrikaanse kosgemeenskap in Suid-Afrika deel. Die app, ’n gratis produk van Media24 Digitale Tydskrifte, stel jou nie net in staat om jou eie watertandresepte op te laai nie, maar jy kan in ’n oogwink ook na resepidees soek en hulle deel.

Kokkedoor

Die SARIE KOS-app in jou kombuis – lees hier!

“Die Kokkedoor-app bied jou alles wat jy nodig het om heerlike geregte te kan voorberei,” sê Nerisa Coetzee, hoof van digitale produkte en handelsmerke by Media24 Digitale Tydskrifte. “Daar is honderde resepte om van te kies en te keur. Jou moontlikhede is eindeloos. Jy kan selfs die wenner wees van ʼn SMEG-gasstoof van R10 000 as jy jou resepte op die app laai*.”

Kokkedoor

Die app is spesiaal vir slimfone geskep en dit is maklik om lid van die Kokkedoor-gemeenskap te word. Al wat jy moet doen is om die app gratis af te laai in jou app-winkel en jou eie profiel te skep – dan is jy gereed! Nou kan jy met die Kokkedoor-app bekendes, vriende en selfs jou skoonouers met jou kookvernuf beïndruk.

“Die app maak inkopies vir die geregte wat jy wil voorberei ook soveel makliker,” sê Jeanne de Wet, hoof van bemarking by kykNET. “Al wat jy hoef te doen is om die resep te kies wat jy wil voorberei en dan stuur jy van die app via e-pos vir jouself die bestanddele wat jy benodig. Jy sal nooit weer jou inkopielys by die huis vergeet nie!”

Laai vandag nog die Kokkedoor-app vir jou iOS- of Android-gedrewe slimfoon af; dis gratis beskikbaar in jou app-winkel. Nooit weer hoef jy kop te krap oor idees vir aandete nie!

KokkedoorGaan na www.kokkedoor.co.za om jou Kokkedoor-app nou af te laai.

* Kompetisie sluit 31 Januarie 2014