braille_burgers
Hieroor praat mense

‘n Moet-sien: Die braille-burger

Die braille-burger-video wat wys hoe sesamsaad bo-op die rolletjies in braille-taal-boodskappe gerangskik word, het binne ‘n maand oor die 90 000 klieks op YouTube gekry. Dit wys ook hoe blindes die burgers eet en geniet.

Hierdie advertensie kom kort na McDonalds die hoofberigte gehaal het toe hulle ‘n blinde vrou uit die restaurant gejaag het omdat sy haar gidshond saam met haar gehad het. McDonalds het om verskoning gevra.

KYK DIE VIDEO