FOTO: Facebook Toy Like Me

FOTO: Facebook Toy Like Me

Hieroor praat mense

’n Speelding wat lyk soos ek, asseblief

Met 150 miljoen kinders met gestremdhede wêreldwyd het die beweging Toy Like Me groot speelgoedmaatskappye begin vra waarom daar geen speelgoed vir dié kinders is nie.

Toy Like Me het foto’s van speelgoed wat aangepas is om soos kinders met gestremdhede te lyk, aanlyn geplaas. Dié foto’s het vinnig viral gegaan.

Nou sit dié beweging druk op speelgoedmaatskappye om speelgoed te maak wat dié groep kinders verteenwoordig.

Makies is die eerste maatskappy wat gehoor gegee het met behulp van 3D-drukkers.

Ons hou baie van dié beweging!