download
Hieroor praat mense

Nancy Reagan in die ouderdom van 94 oorlede

BBC berig Nancy Reagan is in die ouderdom van 94 oorlede.

Nancy was die vrou van die voormalige Amerikaanse president Ronald Reagan. Hulle was vir 52 jaar getroud!

Soos haar man, was Nancy ook in die toneelwêreld. Sy het in 11 rolprente gespeel, waaronder Hellcats of Navy teenoor Ronald Reagan.

download (2)

Sy het met akteurs soos Clark Gable, Robert Stack, en Peter Lawford uitgegaan.

Toe haar man president was en hulle in die Withuis gewoon het, het sy die presidensiële woning onder hande geneem en groot geld op nuwe dekor uitgegee.

Ronald is in 2004 oorlede. Nancy het die afgelope tyd in Bel Air, Los Angeles, gewoon.

FOTO: Nancy Reagan in 2012

 

 

FOTO: Nancy en prinses Diana in 1985

FOTO: Nancy en Ronald in 1955