Nataniël
Hieroor praat mense

Nataniël raak bonatuurlik in sy nuwe produksie, Rainbow at Midnight

Nataniël en sy span is terug om jou te betower én jou te laat lag in ’n splinternuwe produksie, Rainbow at Midnight.

Ná die sukses van Factory is Nataniël terug in wat hy noem “tegnies die mees gevorderde projek van my loopbaan”.

Rainbow at Midnight vertel die verhaal (in Engels én Afrikaans) van die groep The Victims of the Rainbow wat in 1965 ’n dagboek ontdek wat presies vertel wat met hul voorvaders gebeur het in 1880 …

Dis ’n bonatuurlike affêre met oorspronklike musiek, fantastiese stelontwerpe en natuurlik Nataniël op sy beste.

Wanneer is dié konsert?

21 Augustus – 28 September 2014 by Emperor’s Palace. Kaartjie beskikbaar by Computicket.