FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Hieroor praat mense

Nataniël se Kersfees

Vanjaar hou hy ’n la-a-a-ng Kersfees – vier vieringe oor vier (of meer) dae. So rek Nataniël sy gunsteling-tyd van die jaar uit. Maar daar is ook ses ander soort Kersvieringe, sê hy, en dís hoe hulle werk …

Kersfees is die tyd wanneer almal, die laaste een, belangrik is. Jy moet voorsiening maak vir almal se voorkeure en gunstelinge, wat kos en geskenke betref. Al is daar drie verskillende stysels op die tafel!

Dis die tyd van die jaar, al is jy die uitvoerende hoof, dat ons almal handwerk beoefen. Jy gaan of iets dip in sjokolade of iets glitter of met gom werk om ’n vertrek, die oprit, die tuin en hopelik die straat te versier. Dis die tyd van die jaar dat jy jou geskenke self opmaak. Dis die tyd van die jaar dat jy jouself en familie wys wat ’n verrassing is. Alles, van die maagd wat ’n Kind gekry het tot die Wyse Manne, was ’n verrassing. Dis die tyd van die jaar dat jy nie moeg mag wees nie. Jy rus oor Paasfees of in die winter. Oukersaand as almal gaan slaap, steek jy die pakkies weg.

As daar sewe etes is, maak jy ’n verrassing van elke tafel. As jy vermoed jou seun is gay, gee vir hom een van die tafels en geniet die gevolge. Dis die tyd van die jaar dat jy maande voor die tyd moet beplan. Jy begin al in Julie met die klein geskenkies.
(Onthou, pryse verdubbel die tyd voor Kersfees!) Dis die tyd van die jaar dat jy opnuut passie aanwakker. As Oupa nie lus is om iets te doen nie, gee vir hom ’n 2 000-stuk-legkaart. Koop vir jou ma ’n boek oor die passie wat sy weggepak het toe die familieprobleme haar oorweldig het.

Dis die tyd van die jaar wanneer jou hoofmaal nie in ’n restaurant gebeur nie. Jy wil nie in ’n moeë plek met moeë mense eet nie. Jou tafel het net twee wagwoorde: linne en lig. Hoe jy die tafel dek, sal jou familie leer oor tekstuur en weelde. Tafel dek kos nie baie nie. Kerse is die hoofding – dag of nag. Dit simboliseer feestelikheid, geluk, hoop en geloof.
Die feesmaal is ook ter gedagtenis aan dié wat nie meer om die tafel sit nie.

Die twee belangrikste dinge is plek en beplanning: Of dit by die huis of ’n familiestrandhuis is, dis waar ons herinneringe maak. Dit is die ongelooflike Kersfees wat kinders sal onthou. Beplan volgens jou gastelys wat word geëet, wie eet wat, wie het ’n kwaal en wie het watter allergie. Vernuwe die sleutelkosse wat elke jaar verskyn.

Lees hier verder …

Vertel ons! Hoe gaan jy Kersfees vier? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad! Óf stuur ’n e-pos aan lucelle.hough@sarie.com.