FOTO Instagram / @iphotographsharks

FOTO Instagram / @iphotographsharks

Hieroor praat mense

Net 353 withaaie oor in SA

Ons Suid-Afrikaanse kuslyn word geassosieer met dié roofdier. Iewers in die koue water swem hy rond en soek sy prooi: die grootwithaai. Maar dié haai staan op die rand van uitsterwing.

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch het bevind daar’s net 353 tot 522 withaaie in ons waters oor. Hul bevinding is Woensdag by ’n mediakonferensie in Kaapstad bekend gemaak, berig Netwerk24.

Die navorsing het in 2009 in Gansbaai begin. En nou, sewe jaar later, het dié skokkende syfers aan die lig gekom.

“Die getalle is uiters laag. Indien die situasie nie verander nie, stuur Suid-Afrika se grootwithaaie af op moontlike uitsterwing,” sê dr. Sara Andreotti van die departement plant- en dierkunde aan die US, berig Netwerk24.

SkyNews het eksklusief vir Andreotti en haar span op Gansbaai gaan besoek. Volgens Andreotti kan visnette en dalende kosgetalle ’n rol speel in die withaai se afname, berig SkyNews. Lees die volledige storie hier.

3 fassinerende feite oor withaaie

1. ’n Withaai kan 1 druppel bloed in 100 liter water ruik.

2.  Hulle is vinnige swemmers. En kan 24 km/h swem.

3. Withaaie is warmbloedig en kan hul eie temperatuur reguleer.

Lees nou

5 dinge wat jy van hondsdolheid moet weet

Duisende het al dié video’s gekyk, moenie dit misloop nie!