netflix logo
Hieroor praat mense

Netflix nou in SA

Fin24 berig dat Netflix, die platform waarop jy rolprente en TV-programme regstreeks op die internet kan kyk, amptelik nou in 130 nuwe lande, waaronder SA, beskikbaar is. 

Jy gaan na www.netflix.com/za en teken in vir $7,99 (sowat R126) per maand. Daarna kan jy duisende programme en rolprente regstreeks op die internet kyk (stream). 

Dit sluit ook Netflix-programme in wat voorheen nie vir Suid-Afrikaners beskikbaar was nie, soos Narcos en Marco Polo.

Bronne: Fin24 en Netwerk24

Lees ook