FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Noem my Skollie draai dalk by die Oscars!

Dis klein Saterdag, maar dis nie ál goeie nuus nie. Die Afrikaanse rolprent Noem my Skollie is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 89ste Oscars! 

Vir Leon van Nierop, skrywer en resensent, is dit verblywend om te hoor dat ’n Afrikaanse rolprent gekies is. “En dat dit ook meegeding het met ’n ander Afrikaanse rolprent, Tess. ’n Fliek verskuif grense as dit jou vat na ’n plek waarheen jy nie noodwendig heen wil gaan nie. En dis wat Noem my Skollie reggekry het!”

Staan dit ’n kans om die Oscar vir beste buitelandse fliek te wen? “Beslis. Dis realisties, die dialoog kom uit die mond uit. Die draaiboek versag nie geweld nie. Dis ’n hulde aan ’n jong man wat sy lewe omgedraai het. Iemand kan net só ’n storie skryf as hy dit eerstehands beleef het.”

14468226_343147822691594_7551905478105440950_o

Opreg, eerlik en rou. Die rolprent Noem my Skollie het mense hard aan die praat. By vanjaar se kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai het die gehoor verlore geraak in die stories wat die hoofkarakter, AB (Dann-Jacques Mouton), in die tronk moet vertel om te oorleef. En op 17 Augustus het die “tronkvoëls” van die Pollsmoor-gevangenis heel eerste dié film gesien en hulle was moved!

“Dis ’n ware verhaal en speel in die sixties op die Cape Flats af. John WFredericks, die skrywer, was op stel. Hy het my gehelp om in die psige van AB, my karakter, te kom, maar die stakes was soms hoog. Dis nie altyd maklik om die skrywer op stel te hê nie. Dis ’n push-en-pull-situasie,” het DJ Mouton aan Marguerite van Wyk vertel.

FOTO FACEBOOK

FOTO FACEBOOK

Maar hy het gehou van die rol, al was dit hóé moeilik.

“AB is mos maar net mens, vol emosie. Ek hou van emosie. Ons is mos maar almal bietjie lover, vriend, familiemens … Iets van alles. Ons wissel mos. Nee, ek verstaan daai emosies.”

Suid-Afrika het al 12 keer ingeskryf vir die Oscars, die eerste keer was in 1989 vir Mapantsula. Van die 12 inskrywings is net twee inskrywings deur die lede van die Academy Awards gekeur: Yesterday (2004) en Tsotsi (2005). En met Tsotsi het ons die eerste keer die Oscar gewen!

Noem my Skollie sal die derde Afrikaanse fliek wees wat Suid-Afrika inskryf. Die voriges was Paljas (1997) en Skoonheid (2011).

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

Jare saam, trou – en dan skei ons

Bly só veilig op die internet

Instagram se koffie-kampioen kom uit Joburg!