Renoster Hope vroeër vanjaar
FOTO Facebook  Adrian Steirn

Renoster Hope vroeër vanjaar FOTO Facebook Adrian Steirn

Hieroor praat mense

Nóg hartseer vir ons renosters

Dinge lyk reeds nie goed vir SA se renosterbevolking nie, en nou is daar nóg ’n terugslag. Die nuusagentskap Al Jazeera het Sondag die nuus gebreek dat David Mahlobo, ons land se minister van staatsveiligheid, na bewering betrokke is by renosterhandel. Hy ontken dit.

Boonop is die renoster Hope, wat ’n simbool van hoop geword het ná sy ’n stroper-aanval oorleef het, ook oorlede, berig Netwerk24. Hope was ’n renoster van die Lombardini-natuurreservaat by Jeffreysbaai en was vir lank as ’n wonderwerk bestempel omdat sy met ernstige kopbeserings gelaat is nadat haar horing diep uitgekap is – en oorleef het. Daar is talle operasies op haar uitgevoer wat nou veeartse die kennis gee om ook ander renosters in nood te help.

Hoewel sekere mense ons renosters uitbuit vir eie gewin, is daar ook diegene wat hul lewe gee om hulle te red, soos Bonné de Bod, wat ook die dokumentêre rolprent STROOP* gemaak het.

FOTO Bonné in die Krugerwildtuin by anonieme wildbewaarders en die legendariese K-9-hond Killer, wat al baie wilddiewe help vastrek het.

FOTO Bonné in die Krugerwildtuin by anonieme wildbewaarders en die legendariese K-9-hond Killer, wat al baie wilddiewe help vastrek het.

Bonné het as 50/50-aanbieder talle insetsels oor die renosterslagting gemaak. En toe, op ’n dag in die Krugerwildtuin by die karkasse van twee “pragtige” diere, het sy besef: Sy moet almal wys wat op grondvlak gebeur. Sonder sensors, in een dokumentêre film.

FOTO Bonné bespreek die veeartseny-middels waarmee renosters verdoof word.

FOTO Bonné bespreek die veeartseny-middels waarmee renosters verdoof word.

“Die koppe lê eenkant langs mekaar, die forensiese span moes dit verwyder tydens die soektog na die koeëls. Ek het tussen die karkasse gehurk sodat dit op film vasgelê kon word. Kwaad. Hartseer. Allerhande vrae het by my gespook. Hoe kan ons dit toelaat? Hoe kan die mensdom so ongelooflik wreed wees?

“Renosters is vaal, vervelig? Ek glo persoonlik diere het unieke persoonlikhede. Daar is baie oomblikke wat my geraak het, maar een staan uit. Dit was saam met vyf wesies tussen 6-12 maande in KwaZulu-Natal. Die veldwagters het my waarsku om nie te naby te gaan nie, hulle kan aggressief raak. Ek het op die grond gehurk om my ding voor die kamera te doen. Hulle het stadig nader gestaan, so van agteraf teen my gedruk en uiteindelik hul swaar kennetjies op my lyf gesit. Hulle lyk klein maar ek het gou uitgevind hulle is eintlik baie sterk! Ek het telkens omgeval. Soos wat hulle meer en meer geïrriteerd geraak het omdat ek hulle ignoreer, het hulle hierdie kosbare geluide begin maak…amper soos ’n dolfyn s’n. Dit was spesiaal, maar ook hartseer. Dit was asof hulle wou hê ek moet aan hulle raak, hulle versorg, hulle wou hul ma hê. Sommige van hulle het gesién hoe sy voor hulle afgemaai en wreed uitmekaar gekap word, het self panga-merke op hul lyfies.

FOTO By renoster-wesies.

FOTO By renoster-wesies.

“Jy weet, ’n renosterkoei en haar kalf het ’n besonderse diep band. Sy is 18 maande lank dragtig en die twee is sowat twee jaar lank onafskeidbaar. Sy paar nie weer voordat haar kalf nie self kan oorleef nie.”

FOTO Saam met krieketspelers Mark Boucher (regs) en Kevin Pietersen by ’n geleentheid waar renosters verdoof word om hul DNS te verkry vir die databasis RhODIS, wat gebruik word in die forensiese ondersoeke na renosterstropings.

FOTO Saam met krieketspelers Mark Boucher (regs) en Kevin Pietersen by ’n geleentheid waar renosters verdoof word om hul DNS te verkry vir die databasis RhODIS, wat gebruik word in die forensiese ondersoeke na renosterstropings.

FOTO Die span van Save the Survivors probeer die lewe red van iThemba, ’n slagoffer in KwaZulu- Natal. Die renosterkoei is ’n paar dae later dood.

FOTO Die span van Save the Survivors probeer die lewe red van iThemba, ’n slagoffer in KwaZulu-Natal. Die renosterkoei is ’n paar dae later dood.

Wanneer sy naby ’n ou grote onder verdowing kom, vat sy saggies aan die vel, altyd opnuut vol verwondering. Dis dik, vol patrone en voel sag en strelend. Nie so koeëlvas soos dit lyk nie.

’n Wêreld sonder renosters? Nooit, sê sy.

*STROOP is in September vanjaar, renoster-bewusmakingsmaand, uitgereik. Kyk die voorprent hier:

Besoek bonnedebod.co.za; facebook/stroopdiefilm

Lees nou

‘n Ramp – Interpol oor renosters

Renoster Hope ’n simbool van hoop ná stroper-aanval